Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Annie trap met haar fiets ’n pad oop vir vroue

Annie Londonderry, haar regte van is Kopchovsky, het op ’n dag besluit sy gaan op haar fiets klim en om die wêreld ry.

Heinz Mödler
Heinz Mödler

Dit klink avontuurlustig, maar ongelukkig is Annie ’n jonk getroude vrou met kinders, die jongste nog in gehekelde babaskoentjies.

’n Verdere probleem is die datum: 1894. In daardie jare was dit nie betaamlik vir ’n vrou om eens op ’n fiets te klim nie, wat nog te sê van om die wêreld trap, terwyl jou man en kinders alleen by die huis moet sien kom klaar.

Maar Annie het deurgedruk.

Op 22 Junie 1894 het sy in Boston op haar fiets geklim en haar tog aangepak. Boston was in daardie tyd ’n toonaangewende stad, want die eerste man wat om die wêreld getrap het (Thomas Stevens), asook die eerste man wat solo om die wêreld geseil het (Joshua Slocum), was albei Boston-boorlinge.

Of Annie werklik om die wêreld getrap het, is ’n ope vraag. Maar wat sy wel vermag het, is om vrou-alleen die wêreld se beskouing van wat vrouwees beteken permanent te verander.

Sy het die “A New Woman”-era vir die vrouegeslag ingelui. Was dit nie vir Annie nie, sou dit waarskynlik nog dekades geneem het voordat vroue hul gelykmatige plek langs mans kon inneem.

Om haar fiets te kon ry moes Annie eerstens van haar Victoriaanse rokke ontslae raak.

Om haar fiets te kon ry moes Annie eerstens van haar Victoriaanse rokke ontslae raak. Met die rompe van daardie tyd was dit onmoontlik om fietse met ’n dwarspyp te ry. En alle fietse het ’n dwarspyp gehad, want nét mans ry fiets.

Om die eerste hekkie te oorkom het Annie met ’n skêr haar rompe in die middel deurgeknip om ’n bloomer-broek te maak. ’n Daad waarvoor hulle haar ’n paar jaar vroeër sou gestenig het.

Benewens die morele wenkbroue wat oor Annie gelig het, het dokters ook probleme met Annie se fietsry gehad.

Hulle het gemeen die fisiologie van ’n vrou is nie opgewasse teen die uitdagings wat fietsryers moet trotseer nie.

Fietsry is vir mans.

Ook was die volk se sedebewakers bekommerd oor die seksuele stimulasie wat Annie tydens haar tog gaan ondervind.

Annie speel met vuur en die prys wat sy gaan betaal, gaan haar gesondheid wees.

Ook was die volk se sedebewakers bekommerd oor die seksuele stimulasie wat Annie tydens haar tog gaan ondervind. ’n Fietssaal gaan haar sodanig stimuleer dat sy onbehoorlike begeertes en gedagtes gaan koester. Veral bult op. Om hierdie euwel te beperk is voorgestel dat die wrywingshoek tussen die saal en die erotiese areas gewysig word deur die gebruiklike val-handvatsels te verander na iets meer regop.

Ook sal ’n saal met ’n gaping in die middel nie net die gewensde striemende effek op haar erotiese gedagtes hê nie, maar ook higiëniese voordele vir haar inhou.

Annie het haar nie aan die mense se kwellings gesteur nie. Sy het op haar fiets geklim en begin trap. ’n Jaar later was sy terug in Boston om weer ’n vrou en moeder vir haar man en kinders te wees.

En al het Annie ná haar epiese tog ’n lewe soos enige van haar vriendinne geleef, het sy die trajek van vroue se regte, keuses, begeertes, wense en vermoëns vir altyd verander.

  • Mödler is ’n medikus, skrywer en kunstenaar van Kaapstad.
Meer oor:  Heinz Mödler  |  Vroueregte  |  Annie  |  Feminisme  |  Fiets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.