Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Antisemitisme steek weer kop uit in Europa

Antisemitisme – Jodehaat – steek opnuut sy kop uit in Europa. Verreweg nie op die skaal van voor die Tweede Wêreldoorlog nie, maar genoeg om mense met ’n historiese bewussyn bekommerd te maak.

Pas het duisende mense (Jode en nie-Jode) in Berlyn en ander Duitse stede betoog vir die reg om met ’n kalotjie – die hoofdekseltjie wat gelowige Joodse mans dra – in die straat te loop sonder om gevloek of aangerand te word.

In Frankryk het 300 politici, filosowe en
kunstenaars ’n manifes in die dagblad Le Parisien onderteken teen die “stille etniese suiwering” wat in dié land aan die gang is. In en rondom Parys het 10% van die Jode weggetrek.

Waar kom dié hernieude antisemitisme vandaan? Vir ’n klein gedeelte kom dit uit die geledere van regse ekstremiste wat ’n Joodse samesweerder agter
elke bos soek. Maar die regse ekstremiste is sterk verdeel, want talle van hulle is eerder fel pro-
Israel. Die verregse Alternative für
Deutschland (AfD) kan nie lekker besluit of hulle vír of téén die Jode is nie.

’n Tweede bron vir antisemitisme is juis línkse ekstremiste. Dis mense wat die Jode – en dit sluit Israel in – as die oervoorbeeld van die verderflike kapitalisme en Westerse imperialisme sien.

Nog ’n groot bron vir die toenemende antisemitisme is waarskynlik die groeiende Moslembevolking in Europa.

In die Britse Arbeidersparty woed juis tans ’n fel debat oor wat gesien word as partyleier Jeremy Corbyn se flou veroordeling van die antisemitiese oortuigings van sy linkervleuel.

Trouens, sy eie oortuigings in dié verband staan ook in die kollig, en hy kon nog nie oortuigend ontken dat hy anti-Joods is nie.

’n Goeie voorbeeld was die links-ekstremistiese aktivis Jackie Walker, wat die Jode “die hooffinansiers van die suiker- en slawehandel” van die 17de en 18de eeu genoem het. Of studente van Oxford se Arbeider-klub, wat Auschwitz as die Jode se “melkkoei” beskryf het.

Nog ’n groot bron vir die toenemende antisemitisme is waarskynlik die groeiende Moslembevolking in Europa. Volgens ’n 2014-studie het 62% van alle praktiserende Moslems in Frank­ryk anti-Joodse oortuigings, en ontken 28% die Joodse volksmoord. In die Franse bevolking as geheel is dít onderskeidelik 19% en 3%.

In Duitsland, só berig Der Tagesspiegel, is altesame 1 453 misdade teen Jode of Joodse instansies in 2017 by die polisie aangemeld. Dit het ingesluit 32 dade van geweld, 160 van eiendomsbeskadiging en 898 van aanhitsing.

In Brittanje het die Campaign Against Antisemitism in ’n peiling onder Britse Moslems as volg bevind: “Op byna elke individuele vlak was Britse Moslems veel meer geneig as die algemene publiek om antisemitiese oortuigings te hê. Dis duidelik dat baie Moslems ’n spesiale haat vir Jode het . . .”

Wat ook al die bron is, dis duidelik dat Europa ’n groeiende probleem het wat dringend aangepak sal moet word.

Meer oor:  Betogings  |  Europa  |  Rassehaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.