Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Antwoord my, Roelf en FW ...
Pieter Mulder

Ken jy die bokser-grappie?

Terwyl die bokser se opponent hom aanmekaar hard slaan, sê sy afrigter tussen rondes vir hom dat dit baie goed gaan. “Jy wen; hy slaan heeltyd mis.”

Teen die vyfde ronde vra die bokser vir die afrigter: “As dit nie hy is wat my so slaan nie, moet jy die skeidsregter dophou.”

So voel ek oor die konstitusionele hof se uitspraak oor Afrikaans by die Universiteit Stellenbosch (US). Die Grondwet is veronderstel om as skeidsregter op te tree en ons met “wigte en teenwigte” te beskerm, onder meer teen ’n regering wat “transformasie” gebruik om Afrikaans geleidelik oral uit te skuif.

Daar was sewe Afrikaanse universiteite. Van die 39 universiteitskampusse is nog net die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomse kampus oorwegend Afrikaans. Onder die huidige Noordwes-bestuur gaan dit binne vyf jaar oorwegend Engels wees. Dit beteken ons betaal belasting vir onderwys, maar moet, vir Afrikaans, ten duurste voor begin met Akademia.

Die NP-onderhandelaars het kiesers belowe onderwys in Afrikaans is verskans en veilig in die Grondwet.

Die NP-minister van onderwys Piet Marais het pres. FW de Klerk tydens die onderhandelings gewaarsku “onderwys is nie die prioriteit onder ons onderhandelaars wat dit behoort te wees nie” (p. 603, Die Afrikaners, Hermann Giliomee).

Dr. Blade Nzimande, huidige minister van hoër onderwys, het ná die US-uitspraak gesê Suid-Afrikaanse universiteite beweeg weg van Afrikaans as onderrigtaal en is dit in ooreenstemming met die Grondwet.

Die NP-onderhandelaars het kiesers belowe onderwys in Afrikaans is verskans en veilig in die Grondwet. Ons het in die onderhandelings ernstig verskil omdat belangrike artikels in die Grondwet berekend baie wyd en vaag bewoord is. So vaag dat ’n regter enige interpretasie daaraan kan gee.

Soos met die bokser die geval is, word ons nie net hard deur die ANC as opponent bygekom nie, maar ook deur die skeidsregter, wat die Grondwet is.

Noudat dié vae artikels in die howe getoets word, blyk ons destydse kritiek geldig te wees. Roelf Meyer en De Klerk moet my nou antwoord waar my kleinkinders, wat nog almal in Suid-Afrika is, in Afrikaans gaan studeer.

Soos met die bokser die geval is, word ons nie net hard deur die ANC as opponent bygekom nie, maar ook deur die skeidsregter, wat die Grondwet is.

Van boksers gepraat. Hoeveel sportlui of politici, soos Helen Zille, het ná hul aftrede suksesvol teruggekeer vir ’n tweede loopbaan? Baie min.

Mark Spitz het op die Olimpiese Spele in München sewe medaljes gewen en uitgetree. Voor die 1992- Olimpiese Spele in Barcelona het hy aangekondig dat hy terugkeer en medaljes gaan wen. Ondanks groot verwagtinge kon hy nie die Amerikaanse swemspan haal nie.

Björn Borg het vyf Wimbledon-titels agtereenvolgens gewen en was vir jare die wêreld se nommer-een-tennisspeler. Op 26 kondig het hy sy uittrede aangekondig. Agt jaar later het hy sy terugkeer aangekondig en dat hy weer titels gaan wen. Hy kon nie.

Muhammad Ali is die uitsondering. Nadat hy wêreld-swaargewigbokskampioen was, is die titel van hom afgeneem en het hy vir jare nie geboks nie. By sy terugkeer na die kryt het hy, teen alle verwagtinge in, George Foreman, geklop en weer wêreldkampioen geword. Die beroepswedders het sewe teen een voorspel hy gaan verloor.

Zille het die naweek na die aktiewe politiek teruggekeer toe sy as voorsitter van die DA se federale raad verkies is. Ek dink sy maak ’n fout. Selfs al wen sy, gaan sy uiteindelik verloor. Suid-Afrika het verander; die DA het verander en die ANC, sonder Jacob Zuma, het verander. ’n Politieke gesegde lui: “All political careers end in tears.” Kom ons hoop vir haar onthalwe haar loopbaan eindig anders.

Meer oor:  Pieter Mulder  |  Helen Zille  |  Grondwet  |  Onderwysbeleid  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.