Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Appelkoosjêm in ’n toe blik
Johan van Wyk

Net ’n aartsoptimis (die teenoorgestelde van ’n man wat uit vrees dat hy uit sy broek kan raak, ’n lyfband én kruisbande dra) sal glo ’n nuwe daeraad gaan ná Woensdag op Suid-Afrika neerdaal. Maar jy kan op pad stembus toe minstens hoop dit sal nie nog slegter gaan nie. En vriendelik bly.

Of ’n das om sy middel as hy nie ’n lyfband gehad het nie. By ’n gelapte broek en ’n losboordjiehemp sonder ’n boordjie onder die verslete onderbaadjie van ’n outydse swart pak.

Toe Afrikaners arm en versukkel was, het jy dit anderkant die spoor, op die plotte en in die strate van stowwerige plattelandse dorpies gesien. Maar hulle het stemreg gehad.

Wat ek wel weet, is die dik Visagietjies het gevrek oor roosterkoek, dik gesmeer met souterige plaasbotter en appelkoosjêm.

Hulle kon stem vir “botter, kaas en jêm” in die verre verlede toe dit luukse lekkernye op ryk mense se tafels was.

Ja, dit het tyd en dae op plakkate van die ou, heengegane Nasionale Party gestaan.

Toe een van die dik Visagietjies van Blouputs, Bloedsappe tot die dood toe, dit op pad stembus toe voor die kerksaal op Calvinia lees, wou hy ewe vermakerig weet: “En watse jêm, nogal?”

“Appelkoos!” het dit in ’n koor uit die NP se tent gekom.

“Appelkoos?”

“Ja,” het dit weer uit die NP-tent gedreun, “in ’n toe blik!”

“In ’n toe blik? Hoe kry julle appelkoos-jêm in ’n toe blik?” wou hy verbaas weet.

“Stem vir die NP, dan sê ons jou!”

Dalk het hy. Wie sal weet?

Jou stem is jou geheim.

Wat ek wel weet, is die dik Visagietjies het gevrek oor roosterkoek, dik gesmeer met souterige plaasbotter en appelkoosjêm.

Ekself sal my land daarvoor verraai.

Veral die roosterkoek van die anties met

die kopdoeke by die BP-vulstasie op die N2

by Buffeljachtsrivier. (Vergeet van self deeg aanmaak en knie, wees ’n lui huisvrou

en koop ’n sak deeg by ’n winkel. Dis net so lekker).

Nie dat dit deesdae ’n besondere swaar wroeging is om jou land te verraai nie.

My seun in Hongkong het pas sy Suid-Afrikaanse burgerskap prysgegee nadat niks gekom het van Cyril Ramaphosa se belofte dat hy jong Afrikaners aan ’n boom sal vasmaak om te verhoed dat hulle Suid-Afrika verlaat nie.

Nog ’n ANC-belofte wat nie nagekom is nie. Meer kom. Suid-Afrika se velde lê oortrek met die witgebleikte geraamtes van politici wat nie hulle beloftes nagekom het nie.

Met of sonder hoop, bly vriendelik.

Soos ou ant Jessie van Bitterwater oorgekom het. Op pad stembus toe in haar Opel Kapitan, maak sy eers by die winkel ’n draai. Terug by die Opel sit sy die sak met kruideniersware op die kar se dak toe sy die deur moes oopsluit. In haar haas om by die stembus te kom, vergeet sy dit daar.

Toe straatgangers in die ry beduie en waai het sy gedink: “Maar kyk net hoe vriendelik is Calvinia se mense vanoggend op stemdag!”

Meer oor:  Johan Van Wyk  |  Stem  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.