Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Armes is op sy radar

Hoe minder keuses jy het, hoe armer is jy. As jy vyf paar skoene het, het jy meer keuses as iemand wat slegs een paar het. As jy ’n vrieskas vol kos het, is jou keuses oor wat om te eet sommer baie groter as dié van iemand wat slegs een brood het. Hoe armer jy is, hoe minder van ’n stem het jy ook. Niemand luister na arm mense se opinies nie.

Wag, God luister! In Psalm 146 lees ek dat hongeres, vreemdelinge, weeskinders en weduwees op sy radarskerm is. Die Here hoor hul hulp­geroep. Daarom dat Hy graag sy kinders se oë aanraak om hulle ook raak te kyk. Daarom dat Hy die was uit sy kinders se ore haal om hul hulpgeroepe te hoor.

En daarom dat Hy sy kinders se tonge losmaak om namens hulle te praat as hulle verdruk word. Wel, sien jy al? Hoor jy? Praat jy? Of kyk jy lewensgroot verby daardie een of twee mense in nood wat God vandag op jou radarskerm plaas? 

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.