Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
As kommas 'n ondeugsame uitwerking het

In die doodsnikke van hul verkiesingskampanje twiet die ZACP: “.?.?.?We believe in our creativity and ability to innovate, Let’s unleash that on the universe.”

Gerhard van Huyssteen

Enkele sekondes later reageer hulle op hul eie twiet met: “*Apologies for the rogue comma. We care about punctuation but Autocorrect is The Man.”

Was dit nie dat hulle hul manlik chauvinistiese onderbroek met daardie “Autocorrect is The Man” bevestig het nie, het ek my kruisie Woensdag dalk agter dié klomp manne getrek.

Die komma het sy oorsprong te danke aan Aristofanes van Bisantium (~257-180 VHJ). Met die oog op leesbaarheid het hy verskillende soorte punte in Griekse tekste laat aanbring. ’n Punt in die middel van ’n reëltjie (·) is byvoorbeeld gebruik om ’n asempouse aan die einde van ’n kort frase aan te dui. Só ’n frase (nie die tekentjie nie) is later jare in Grieks ’n komma genoem.

Ons sien dié betekenis in die bekende johannese komma in die Bybel. In die 1953-vertaling van 1 Johannes 5:7-8 staan: “Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.” In die 1983-vertaling is die gedeelte in vetdruk weggelaat. Waarom? Want dit staan nie in die oudste Griekse tekste nie, maar is eers in die Middeleeue in Latynse vertalings bygevoeg!

Daar is ’n Engelse artikel oor die Johannine Comma wat langer as ons nasionale stembrief is.

Gaan lees meer op Wikipedia: Daar is ’n Engelse artikel oor die Johannine Comma wat langer as ons nasionale stembrief is.

Met verloop van eeue word sulke pouses in die middel van sinne op verskillende maniere aangetoon. So byvoorbeeld was die vorentoeskuinsstreep ( / ) meer gebruiklik, totdat die drukker Aldus Manutius (1449-1515) dit vervang het met ’n komma soos ons hom vandag nog ken.

Die flambojantste en bekendste komma is seer sekerlik die Oxfordkomma. Byvoorbeeld, op 10 Desember 2013 lei Sky News met “Top stories: World leaders at Mandela tribute, Obama-Castro handshake and same-sex marriage date set?.?.?.”. Soos dit daar staan, sou lesers verder kon lees oor die vasgestelde datum vir Obama en Castro se homohuwelik!

Dan is daar die Spinasiekomma: ’n desimale komma wat op ’n verkeerde plek staan. Volgens oorlewering het Erich von Wolf per ongeluk die desimale komma op ’n verkeerde plek geplaas toe hy in 1870 oor die voedingswaarde van spinasie geskryf het. In plaas van 3,5 g yster het spinasie skielik 35 g yster bevat!

Dié fout is eers in 1937 raakgesien, maar teen daardie tyd was Popeye al styf opgepomp met ysterbelaaide spinasie.

En dan is daar nou ook die ZACP-komma: ’n ondeugsame komma met weinig effek. Net soos sy naamgenoot?.?.?.

Van Huyssteen werk vir die Virtuele Instituut van Afrikaans. gerhard@viva-afrikaans.org

Meer oor:  Gerhard Van Huyssteen  |  Taal  |  Afrikaans  |  Woorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.