Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
As reëls net vir sommige geld
Judith February
Judith February.

Toe die land in Maart die staat van inperking betree het, was daar ’n gevoel van solidariteit.

Maar dit was onvermydelik dat ons institusionele kwesbaarheid en swak leierskap ontbloot sou word.

Die “gevorderde risiko-aangepaste strategie” teen Covid-19 lyk ietwat deurmekaar. Dit is asof die mense op wie die ANC die swaarste steun vir stemme, nou die meeste mag het.

Kerke is byvoorbeeld toegelaat om oop te maak, terwyl steeds niemand by familie mag gaan kuier nie.

En dan is daar die sepie van Fikile Mbalula, minister van vervoer, se heen-en-weer met die taxibedryf, hoewel niemand getwyfel het dat die regering voor die bedryf sou swig nie.

Taxi’s word straffeloos bedryf. Is enig­iemand al in hegtenis geneem omdat hulle met toe vensters ry of passasiers sonder maskers vervoer? Reëls word openlik oortree.

Dit is asof die mense op wie die ANC die swaarste steun vir stemme, nou die meeste mag het.

Maar ons leef in ’n land waar reëls nie geld nie, veral nie as jy, soos die taxibedryf, die land op sy knieë kan dwing deur te staak of “die land onregeerbaar te maak” nie.

Boonop het die meeste Suid-Afrikaners geen keuse nie as om met ’n taxi by die werk te kom.

Só wys die pandemie alles uit wat in die 26 jaar van ANC-regering afgeskeep is. Daar is geen bewys van ’n behoorlike, veilige openbare vervoerstelsel nie en arm mense word daagliks met lendelam, onveilige taxi’s gestraf.

Dieselfde geld die onderwysvakbonde, wat die regering laat omswaai het oor skole se heropening.

Die ANC buig die knie voor Sadou, die onderwysvakbond wat hom ondersteun. Dit is werklik hoe kru dit is.

Die wetenskap ondersteun duidelik die veilige heropening van skole, en die probleem van beskermende toerusting wat nie by alle skole afgelewer is nie, kon maklik opgelos word. Pleks daarvan verloor kinders nou nóg ’n maand se klastyd en is hulle in baie gevalle sonder toesig op straat.

Die ANC buig die knie voor Sadou, die onderwysvakbond wat hom ondersteun. Dit is werklik hoe kru dit is.

Dis duidelik dat die luidste stemme oorneem, en dit ondermyn die regering se reaksie op die pandemie en veroorsaak dat gewone mense vertroue verloor in die president se aankondigings.

Daar is gehoor gegee aan taxi-operateurs en onderwysvakbonde se eise terwyl traangas gebruik is teen sjefs en kelners. Dit is die teenstellings wat deel is van die lewe in Suid-Afrika.

Die ontstellendste aspek, benewens die werkverliese en polisiewreedheid, is die korrupsie met Covid-19-tenders.

Pres. Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die spesiale ondersoekeenheid Covid-19-korrupsie gaan ondersoek. Rêrig? Elke liewe staatskaper loop steeds vry rond en geniet sy of haar buit.

Die nasionale direkteur van openbare vervolging, adv. Shamila Batohi, vertel net hartseerstories oor ’n gebrek aan tyd en hulpbronne.

Die nasionale direkteur van openbare vervolging, adv. Shamila Batohi, vertel net hartseerstories oor ’n gebrek aan tyd en hulpbronne. Maar die publiek het tog sekerlik die reg om teen hierdie tyd al ’n vervolging of twee te verwag?

Die president se woorde het dus min impak gehad – net die mees optimistiese onder ons sal nog glo dat daar gevolge is vir wandade.

Ramaphosa se aankondiging is gedoen enkele dae voordat dit bekend geword het dat sy woordvoerder, Khusela Diko, se man betrek word by ’n tenderskandaal van R125 miljoen wat verband hou met die verskaffing van beskermende toerusting. Diko ontken dat sy of haar man enigiets verkeerd gedoen het, en sy is nou met verlof (sonder twyfel met volle betaling).

Suid-Afrikaners is eenvoudig moeg vir ’n gepraat oor alles van die ekonomie tot beter dienste vir die armes en optrede teen korrupsie.

Die land se gemoed is rusteloos en gefrustreerd terwyl ons maatskaplike weefsel uitrafel onder die gewig van ’n gebrek aan verantwoordbaarheid en weifelende leierskap.

Meer oor:  Judith February  |  Vakbonde  |  Taxi's  |  Skole  |  Inperkingsregulasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.