Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
As regering net na rede luister

Verlede week het Solly Msimanga op ’n “luistertoer” gegaan. Hy wil weet wat die kiesers van Pretoria en omgewing pla en wat hulle van hom as burgemeester (en voorgenome premier van Gauteng) verwag.

Pretoria News het dit tereg soos volg in ’n voorbladopskrif saamgevat: “Solly hits campaign trail.” Want as die burgemeester nie teen dié tyd weet wat inwoners wil hê nie, sal geen konsultasieproses hom dit leer nie.

Johannes Froneman

Nee, hy is besig met ’n verkiesingsveldtog. Niks fout daarmee nie, maar kom ons noem die kind by sy naam.

Ons beleef ook gereeld formele konsultasieprosesse, wat sedert 1994 ’n opvallende deel van ons demokrasie geword het. Dit is potensieel ’n goeie gebruik, indien die maghebbers regtig luister en daarop reageer.

So is dit ook met die huidige openbare deelnameproses oor die voorgestelde verandering aan ons Grondwet om onteiening sonder vergoeding toe te laat.

Konsultasie vind ook in ander kontekste plaas, soos waar ’n organisasie sy lede se mening oor ’n belangrike saak vra. Maar mense is nogal skepties oor al die konsultasie, want “hulle gaan in elk geval doen wat hulle wil”. Daarom weier sommige om deel te neem. Dit is tydmors, glo hulle.

Daar is genoeg voorbeelde wat sinici se houding staaf. So word byvoorbeeld met groot gebaar gevra dat inwoners hul mening moet gee oor ’n nuwe naam vir ’n plaaslike owerheid. Die wet vereis openbare deelname en so word dit dan ten duurste gedoen. Tog is dit egter so dat die meerderheidsparty gewoon voortgaan en ondanks sterk opposisie teen ’n bepaalde naam presies daardie naam kies. So het die naam Tlokwe plek gemaak vir J.B. Marks, wat Potchefstroom en Ventersdorp insluit. (Let wel, dit is net die plaaslike owerheid se naam, soos wat Tshwane nie die pleknaam Pretoria vervang het nie.)

Ondanks rassistiese geluide en opsweping deur die EFF, ervaar ek die huidige openbaredeelnameproses oor grond dus oorwegend positief.

Gaan die honderdduisende voorleggings oor grondonteiening enige invloed hê op die regering se uiteindelike besluit? Gaan die inhoud van die voorleggings saakmaak? Of gaan dit maar op die ou end ’n geval wees van die meerderheidsparty se woord wat wet word – weliswaar met die hulp van ’n paar kleiner partye? Dan dreig ’n tirannie van die meerderheid.

Daar moet onthou word dat deelname aan konsultasieprosesse bloot beteken jy kry kans om jou mening te lug. Dit is nie ’n referendum nie. Dit beteken egter nie dat openbaredeelnameprosesse sonder nut is nie. Luister net hoe kundiges in groot getalle hul menings oor die onteieningskwessie lug.

Dit is ondenkbaar dat die regering al hierdie bewese standpunte summier gaan ignoreer, maar in Suid-Afrika is die ondenkbare ongelukkig nie ondenkbaar nie.

Ons moet egter bly glo aan die mag van die rede. Ons moet aanhou veg met die mag van die pen en die weldeurdagte woord. Demokrasie is tog fundamenteel ’n rasionele saak, al oorheers die emosionele alte dikwels.

Gee ons op en aanvaar wanhopig dat maghebbers nie na enige rede (en feite) gaan luister nie, is dit die einde van die demokratiese projek.

Ondanks rassistiese geluide en opsweping deur die EFF, ervaar ek die huidige openbaredeelnameproses oor grond dus oorwegend positief. Mense van heel verskillende politieke standpunte vind dat hulle oor hierdie saak verrassend eens is. Hulle hou saam vas aan die inherente korrektheid van die Grondwet (ten minste op hierdie punt). Hulle kyk na die belange van boere, werkers en ons wat in stede woon en in vol supermarkte kan kos koop.

Hulle gee my hoop.

Dit sal net soveel meer hoopvol wees as die regering na goeie rede luister.

  • Prof. Johannes Froneman werk vir die Noordwes-Universiteit.

Meer oor:  Johannes Froneman  |  Solly Msimanga  |  Pretoria  |  Rubrieke  |  Da  |  Verkiesingsveldtog  |  Menings  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.