Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
As springbokke oor die rant die enigste optog is
Martie Retief Meiring

Ons ry deur die Karoo (dis eintlik mos kollega Johan van Wyk se gebied) en van Laingsburg tot Beaufort-Wes sien ek twee skape en 102 wit plastieksakke wat vir ’n vale aan die bossies klou.

En ek kry ’n onheilige gedagte: Nou wat dan as Sol Kerzner hiernatoe kom? Hy kan sekerlik tog water toor van iewers. Hy bou hierdie keer ’n argitektonies aanvaarbare kompleks, reël perderitte, viertrekritte, staptoere, en verbied Groot Konserte of skoonheidskompetisies. En politici.

En sowaar, daar kry ek ’n nóg onheiliger gedagte – net Afrikaans en Khoi is die amptelike tale hier. Meer nog, hier word ’n instituut opgerig vir die bewaring en ontwikkeling van Khoi-tale.

Hoekom so taalbulagtig? Want het ek dan nie gesien hoe ’n Engelsman hom by ’n padstal verlustig aan die Afrikaanse spyskaart waarop die enigste Engelse woord “hamburger” is nie?

By dié padstal het ek roosterkoek met egte, regte appelkooskonfyt geniet.

By dié padstal het ek roosterkoek met egte, regte appelkooskonfyt geniet. En toe die nog groter sonde gepleeg om te dink: Ek eet in my taal (met vergunning aan Amanda Stry­dom)

Die Karoo rol by die venster verby. Moet tog net nie dat die politici hierdie stukkie aarde ontdek nie. Gelukkig vlieg hulle darem net oor die wonderbaarlike, intimiderende gebied. En gelukkig is hulle so besig om politiek te speel of te knoei dat hulle nooit afkyk en ’n wêreld sal raaksien wat so wyd, so bitterlik onherbergsaam mooi is nie. Die enigste optog wat ons wel gesien het, was troppe springbokke anderkant Middelburg. Hulle het moontlik net teen ons teenwoordigheid geprotesteer.

As ’n mens padry, volg jy rituele. ’n Vriend ry nooit sonder ’n Dana Snyman-boek nie – “dit vertel jou hoe om te kyk en te hoor”.

Vriendin raak toe roosterkoek-bevange en stop by elke padstal. Natuurlik hou jy by Matjiesfontein stil (hier kry jy “coffee koekies” om tweetaligheid gestand te doen).

O ja, en die sitkamer waar lord so-en-so met sy vrou, kinders én sy mistresses ná ete gesit het.

Natuurlik gaan die befaamde entertainer met sy pluiskeil jou met ’n honky tonk-weergawe van “De La Rey” vergas, en dan op die verwagte spooktoer neem. O ja, en die sitkamer waar lord so-en-so met sy vrou, kinders én sy mistresses ná ete gesit het.

Hoewel sommige vragmotors nie alle padreëls nakom nie, verbly jou hart om ’n Burre Burger-vragmotor op sy genade-sending teë te kom.

Nou wonder jy hoekom jy so graag die reis-en-toerstories lees, maar self net gewoonlik jaag om betyds by die lughawe te kom. Tyd is die duiwel se woord. Tyd moet gespaar word. Daarby moet gehou word. Daar’s nie tyd om ’n bloedmaan oor die verste rant te sien opkom nie.

Die digters, die reisigers, die jagters en die geo­loë kry Karoo-oë, Karoo-instinkte en Karoo-heimwee. Die reuke, klippe en kranse laat jou mos na nie-weet-wat-nie-alles verlang.

Hierdie lug is nie vol slegsê-plakkate nie, hier trippel rooi oorpakke nie die pad vol nie, hier klink haatspraak nie op nie.

En, nee tog, asseblief Sol Kerzner, bly jy ook liewers maar weg.

Meer oor:  Martie Retief Meiring  |  Geweld  |  Jagters  |  Natuur  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.