Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Awkward eye contact is nie vir ons bestem

Terri en Marvin is biesag omme ou wit man te slaughter oppie parkie. Is ampe one o’clock ’ie oggend, dai wit oupatjie moet sieke erg lus gewies et, om dié tyd vannie aand innie Lavis rond te ry, op soek na ’n brullende leeu wie vi hom
kan veslint.

Ek skat dai man het maklik all the way yt ’ie Seapoint gery, ek sê maa Seapoint, it kan ienagge ryk wit area gewies et, maa jy kan sien an sy BMW wat voo die hyswinkeltjie gepark is dat it ie economic considerations is wat hom soe vê yt sy way gebring ’et ie. Anyway, isse goeie dag vi hom wan hy het twie jong leeutjies gekry virrie prys van een. Die gay ding isse side business vi sommige drug addicts hie rond, nie exactly ’n booming business ie, wan issie elke dag wat ’n wit man sy kanse hie kom vat ie, maa it is oekie die eeste kee nie. Ek skat hy gan hulle man-man ’n
honned rand gie vi vyf minute se wêk.

Isse goeie deal suppose ek. Dai oupatjie staan voo oo gebuk soes een wie toe-touch exercises doen en Terri hou hom vas byrie hips soese kaptein wie ’n boat bestuur. Nie Terri of Marvin is gay nie, maa tye is altyd swaa virre druggie, soe jy doen wat jy kan. It moet sieke help om lankal ie mee om te gie oo wat mense van jou dinkie. It issie asof hulle it innie mirrel vannie parkie innie mirrel vannie dag doen ie, maa it is oekie asof hulle rêrag try ommit weg te stiek ie, die parkie het moerse straatligte, is swaa omme regte donke hoekie daa te kry.

Hie kan jy ’n moment vat om byte jou history te staan.

Wat ekkie vestaan ie, is hoekom die oupatjie al die moeite sal doen ommie twie vylste brasse innie Lavis te kom romance oppe parkie. Terri en Marvin lyk al twie asof die honne hulle yt’ie drom gekrap et. Hulle adorn die landscape innie selfde way soes dai vyl kimbie innie pad, die honnekak, ennie ou chipspakkie wat innie wind wai. Ek kan net dink dat hy either low standards het, desperate is of dat alle Coloured laities vi hom mooi is. Of miskien issit ’ie feit dat jy hie kan doen what­ever jy wil doen. Hie kan jy ’n moment vat om byte jou history te staan. Wan môre assie wind wee wai, dan wai it vandag se dirt weg mettie res vannie stof. Miskien issit omdat hy wiet die laities exist soe vê yt sy sphere van existence, en hy kan sien it gan altyd soe wies. Hulle ken niemand wie hy kennie, hulle sal nooit iemand ken wie hy might ken nie, hulle sal nooit by some coincidence in mekaa vasloep inne restaurant innie Kaap ie, mekaa ’n knowing glance gie, en awkwardly,
deliberately eye contact avoid ie. Wan die oupatjie wiet sy wêreld is toegeslyt vi mense soes Terri en Marvin en it gan nooit oepgeslyt wôd ie.

Ek moet admit though, die oupatjie is brave heart om hie te kom tricks soek innie nag. Jy kan sien, soe bent soes hy nou is, is dai man ’n upright man in sy day to day. Twinnag jaa getroud, drie kinnes, taxpayer type. As jy hom moet vra wat hy doen hieso innie ghetto innie nag, biesag om advantage te vat van jong laities wie addicted is an drugs, sal hy sy case rest oppie rights of desire.

Fair play an ammel involved op dai veldjie though, hulle vededig dai oupatjie sône omme fuss te maak, hy betaal hulle sône omme fuss te maak. Hulle kry hulle drucks se geld, hy kry sy demon afgestoot virrie nag. Hulle gan an asof niks gebeurit ’ie, en hy kan hystoe gan en vi nogge wiek pretend dat hy nie gay issie.

Hy wiet die exchange van bodily fluids oppe vyl parkie innie Lavis happen in ­isolation, off the map, off the record. What happens in Lavis, stays in Lavis type of deal. Except virrie fact dat ek hie staan saam my tjommies in Bryn hulle se voojaat. En sien innie distance hoe twie vyl druggies ’n ou wit man se droeme waa maak. En tussen ’ie lag en gatmaak van nogge Saragaand, staan ek en witness, maak notes in my kop en hou ’n record van dai wit man wie gedink ’et hy kan hie kom doen wat hy nie byrie hys kan doen ie, van die mense hie op ôs planet sal nooit contact maak met sy wêreld ie.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.