Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Bathabile se onderrok hang toe lelik uit
spot

Bathabile se onderrok hang toe lelik uit

Vryburger sien Bathabile Dlamini, vroueligaleier, is een van die ANC-LP’s wat nou bedank het om hul ministers­pensioen te kan hou. In haar bitter bedankingsbrief het sy ingeklim oor die patriargale media wat vroue se regte vertrap omdat dit mos besit word deur ’n spul konserwatiewe wit mans. Dis nou die einste Dlamini wat geveg het om die seksistiese patriarg Jacob Regop in sy pos te hou. Die einste Dlamini wat die vroueliga se afvaardiging na die ANC-konferensie met ses mans “versterk” het omdat “vroue soms te emosioneel raak” en die mans daar moet wees om “as kundiges te redeneer”.

Lyk vir Vryburger of Dlamini geen hulp van die konserwatiewe wit mans nodig het om ’n seksistiese patriargie in stand te hou nie. Sy het heel goed op haar eie gevaar.

Geld wat stom is en politici wat krom is

Vryburger moet sê dit is minstens ’n riem onder die hart dat Dlamini nie haar ministerspensioen op eilanddrankies of ’n luukse af­trede in Huis Herfsblaar gaan uitgee nie.

Nee, liewe leser, dit sal maar moet gaan vir daardie 20% van die regskoste in die Sassa-saak wat die hof haar gelas het om te betaal. Of andersins sal sy en Jacob Zuma maar saam ’n verkoping van tweedehandse hoede en sokkies moet hou.

spot

Die Matfield van die ANC-jeugliga

Intussen kry Collen Maine dit hotagter by sy jeugliga, wat vra dat die leierskap nou ontbind word omdat nuwe leiers al verlede jaar verkies moes gewees het.

Maar dan is daar natuurlik nog ’n ander netelige ou sakie, en dít is dat die jeugliga net lede van 35 en jonger toelaat. Vryburger het dit op goeie gesag dat Maine al 38 jaar oud is. En aangesien Maine nie Victor Matfield is nie en die jeugliga nie die Bloue Bulle nie, is dit mos tyd dat Maine maar die speelveld verlaat, of hoe?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.