Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Beraad vir die bruin kind nodig
Heindrich Wyngaard

Die ander dag berig die Daily Voice oor die vrou van ’n vermeende bendebaas wat skryfbehoeftes uitdeel aan kinders in Valhalla Park, een van die armste en ergste bendegeteisterde buurte op die Kaapse Vlakte.

Hoe ironies, dink ek toe. Hoe vermetel. Haar man word betrek by aktiwiteite wat omtrent daagliks menselewens vernietig, wat dieselfde kinders in vrees laat, en dan kom deel sy doodluiters skryfbehoeftes aan dieselfde behoeftige gemeenskappe uit.

O, laat ons ook nie vergeet nie, die DA-beheerde Stad Kaapstad se toekenning van ’n tender aan dié selfde vrou vir die bou van maatskaplike behuising in Valhalla Park, word ten regte deur die Wes-Kaapse ANC bevraagteken.

Haar man verskyn in Maart weer saam met ander in die hof op meer as 100 aanklagte wat verband hou met die invloei van vuurwapens in die Kaapse bende-oorlog.

Dit was vir haar ’n geskenk van God, het die ouma gesê.

Maar die vrou sê in haar eie verdediging dat haar sakeondernemings legitiem is, en dat selfs haar belastingsake in orde is.

Dit dan daar gelaat. Of dalk juis nie, want jy kan jouself reeds die toneel indink wanneer haar man (of sý) die volgende keer ’n hofverskyning maak – daai einste families wat die voordeel van haar “barmhartigheid” geniet, sal haar buite die hof kom ondersteun.

Dan lees jy verder hoe ’n ouma van vier van die nagenoeg 1 200 kinders wat skryfbehoeftes van die vrou ontvang het, haar dankbaarheid teenoor die vrou uitspreek.

Dit was vir haar ’n geskenk van God, het die ouma gesê.

Haar huislike omstandighede verklaar waarom sy tot dié slotsom sou kom: “Ek sien om na my vier kleinkinders omdat hulle ouers aan dwelms verslaaf is. Om eerlik te wees, het hulle niks gehad nie, want hulle ouers verkoop alles.”

Sien jy die bose kringloop?

Sien jy die bose kringloop?

In Die Burger lees ek in dieselfde tyd oor Ridah Khan, ’n 2019-matriekpres­teerder van Athlone, wat gedurende sy Junie-eksamen langs die pad deur ’n groepie jonger seuns aangeval is. Hy is met ’n baksteen teen die agterkant van sy kop geslaan. Bewusteloos. Dit het hom weke geneem om te herstel.

Maar hy het volhard – al moes hy die res van sy Junie-eksamen in die polisiekantoor aflê, uit vrees vir sy lewe. Ook vir sy eindeksamen moes hy deur die polisie na die eksamenlokaal vergesel word sodat hy nie aangerand word nie.

Besef die van ons wat in bendevrye gebiede woon presies wat kinders in bendegebiede moet deurmaak om skool te kan gaan, om dié lot te kan ontvlug, om iewers in die lewe te kan kom?

Jy het meer as net hare op jou tande of ’n dik vel of genade van Bo nodig.

Jonk-jonk word die kinders deur die bendes gewerf, soos Ridah se ma, Touteegah, in die berig vertel.

Jonk-jonk word dié wat nog nie deel is van die bendes nie, geïntimideer om te glo dat hulle van die beskerming van bendes afhanklik is.

Sit jy dié “toenadering” teen, word jý die vyand – en daar is altyd gewilliges wat bereid is om die vuil werk te doen.

Maar ook vir hulle moet ’n mens begrip hê. Dit is dalk die enigste uitweg wat hulle vir hulself sien in ’n huis waar ouers alles vir dwelms verkoop, in ’n samelewing sonder geleenthede.

Dit val my op dat ons deesdae gereeld lees oor hoedat die “black child” (soos in etnies swart) ruimte moet opneem, en ons is bewus van wat alles gedoen word in belang van die Afrikaner-kind.

Het die tyd nie dalk aangebreek vir ’n “toekomsberaad” vir die bruin kind nie? Of gaan dié idee nou weer as “Kleurlingnasionalisties” afgeskiet word, terwyl die bendes salig voortgaan met hul werwingsprojek?

  • Wyngaard is ’n sosiopolitieke kommentator en televisieaanbieder.
Meer oor:  Heindrich Wyngaard  |  Kaapse Vlakte  |  Kinders  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.