Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Besluit wat om te doen met tyd wat ons het

Jaco Strydom

N Joernalis vra my opinie oor mense wat reken dat die virus en al die skielike inperkings deel is van die laaste dae voor Jesus terugkeer.

Is die wederkoms op ons?

In die tyd van die Nuwe Testament het mense ook gedink dis “die laaste dae”. So ook in die tyd van die wêreldoorloë.

My siening hieroor: Wees maar altyd reg, as die bus jou trap of jy kry ’n hartaanval, dan is dit “die einde” vir jou, maak nie saak hoe ver die wederkoms is nie.

Daar is baie dinge wat ons nie weet nie, oor die virus, oor die wederkoms, oor die ekonomie, oor wanneer ons weer wyn kan gaan koop . . . Die beste ding om nou te doen is om nie te maak of ons dinge weet waarvan ons eintlik niks weet nie, en om die beste gebruik te maak van die klomp tyd wat ons skielik het.

Die Engelse het ’n uitdrukking “killing time”, in Afrikaans om “die tyd om te wens”.

Hel, dís tragies! Tyd is te kosbaar.

ons is gehok met die hoop om die wêreld se nuwe grootste vyand te probeer terughou en in hierdie stadium weet ons nie hoe lank dit gaan aanhou nie.

Dit ís so, ons is gehok met die hoop om die wêreld se nuwe grootste vyand te probeer terughou en in hierdie stadium weet ons nie hoe lank dit gaan aanhou nie.

Maar ’n mens kan óf jou tyd en energie gebruik om te tob oor die dinge waaraan jy niks kan verander nie, óf jy kan fokus op dit wat jy wél tot jou beskikking het.

Soos tyd.

Ons het skielik ’n klomp onbeplande aftyd. Meer as wat ons dalk ooit weer sal hê. Die spreekwoord “time heals” het nog nooit soveel betekenis gehad nie.

Daar is ’n klomp mense vir wie dit ’n verskriklike tyd van krisis is. Bid vir hulle. Die laaste ding wat ek en jy, as ons van die gelukkiges is wat bloot gehok is, moet doen, is om onsself jammer te kry oor krisisse wat ander mense tref.

Op ’n vreemde manier dwing die pandemie die mensdom tot introspeksie. Om te fokus nie net op onsself as individuele mense nie, maar op onsself as deel van die kollektiewe mensdom – en deel van die natuur.

Dit maak dat ons vrae vra oor onsself, oor wat regtig belangrik is, oor die rigting waarin die mensdom beweeg en byvoorbeeld wat ons besig is om aan die aarde te doen.

Die ekologie kry ook ’n bietjie tyd, ’n blaaskans.

In van die grootste stede in die wêreld begin mense nou sien dat die lugbesoedeling gestaak is. Vir die eerste keer sien hulle hoe blou die lug eintlik is.

In Tolkien se The Fellowship of the Ring gesels Frodo en Gandalf:

“I wish it need not have happened in my time,” said Frodo.

  • “So do I,” said Gandalf, “and so do all who live to see such times. But that is not for them to decide. All we have to decide is what to do with the time that is given us.”
Meer oor:  Tyd  |  Koronavirus  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.