Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Billikheid, feite weeg swaar
Gert Coetzee

Die samespanning van sowat 350 Amerikaanse koerante wat op dieselfde dag meningsartikels teen pres. Donald Trump se aanvalle op die media as “die vyand van die mense” gedra het, ontlok reaksie na weerskante.

Trump voer aan die media in die VSA is die draers van fopnuus. Ná hul betoon van solidariteit – aangevoor deur die Boston Globe – het hy die media as “die ware opposisieparty” in die land bestempel.

Martin Baron was die redakteur van die Globe toe dié koerant se Spotlight-span Rooms-Katolieke priesters se seksuele misbruik van seuns in die vroeë 2000’s onthul en daarvoor ’n Pulitzer-prys toegeken is.

Baron, nou hoofredakteur van Washington Post, het direk op Trump se aanvalle gereageer. Die Post se berigge-wing oor Trump spruit nie uit vyandigh-eid nie. “Soos ek dit sien, voer ons nie oorlog teen die administrasie nie, maar doen ons ons werk.”

Sy het onder meer die “needle marks freckling the baby-smooth skin of his thin, brown arms” beskryf.

Washington Post – met “Democracy Dies in Darkness” as leuse – het met die oopvlekking van die Watergate-skandaal tydens die bewind van pres. Richard Nixon in die vroeë 1970’s die goue peil vir ondersoekende joernalistiek en ’n sty-we ruggraat teen die regering gestel. Die Post het ’n Pulitzer vir openbare diens gekry.

Die triomf is wêreldwyd beskou as ’n model van hoe ’n nuusmedium moet verslag doen oor regerings, en andere, wat graag slegs hul weergawe van die waarheid gepubliseer wil hê. Wat hulle laat goed lyk (volgens hulle), moet die hoofnuus wees. En wat hulle laat sleg lyk, mag nie verskyn nie, want dit spruit uit ’n komplot.

Vir die Post het goeie jare gevolg as ’n merksteen van mediavryheid – wat ook mediaverantwoordelikheid verg – in die praktyk. Die koerant was trots op die Pulitzer wat verslaggewer Janet Cooke in 1981 vir “Jimmy’s World” ingepalm het. In dié artikel het sy die hartroerende storie van Jimmy, ’n agtjarige heroïne-verslaafde in ’n ghetto in Washington DC in detail vertel.

Sy het onder meer die “needle marks freckling the baby-smooth skin of his thin, brown arms” beskryf.

Soos met die Globe-beriggewing oor die pedofiliese priesters en die Post s’n oor die knoeiery en leuens van Nixon en die Wit Huis, was die verslag oor Jimmy en dwelmmisbruik as ’n maatskaplike kwessie, in die openbare belang.

If he who have the power and ability to deliver real information fail, we contribute to ignorance and failure.

Christiane Amanpour van CNN se uitspraak (Time, 13.06.2006) geld: “If he who have the power and ability to deliver real information fail, we contribute to ignorance and failure.”.

Met die klem op “real information”.

Die Volksblad-hoofartikel “Skend media se regte en jy skend álmal se regte” (20.08) oor die VSA-koerante se eensgesinde Trump-uitspraak (daar is media wat hom steun) is relevant.

Dit wys uit dat die nuusmedia, wat deur feilbare mense bedryf word, ook in die dolle gejaag teen spertye foute begaan. “Die toetssteen is of koerante daarna strééf om billik in hul weergawe van die feite en kommentaar en met opvolgwerk te wees.”

Hierop berus die nuusinstelling se geloofwaardigheid – wat tesame met onafhanklikheid ononderhandelbaar is.

In openbare belang praat joernaliste ook met anonieme bronne – wat eie uitdagings bring. Maar sonder Deep Throat was Watergate ongedaan. Die uitdaging is om die geloofwaardigheid van die bron deeglik alkante toe te toets. Daarvoor kan nie net gepraat word met diegene wat die weergawe staaf nie.

Dit het geblyk Cooke se Jimmy bestaan nie. Haar Pulitzer is teruggevat, sy is uit die joernalistiek en die klad het aan die Post gekleef.

In sy verslag van 18 000 woorde oor hoe die koerant so kon fouteer het, het Bill Green, Post-ombudsman, gesê: Ons wou dit te graag glo.

Meer oor:  Gert Coetzee  |  Koerante  |  Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.