Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Blouwillemaandag: Ons oorleef in ’n deurmekaar, wille wêreld!
Blouwillem

’n Mens weet nie of jy moet runnik of grinnik oor die debat oor die bees- en skaapdoepa nie, maar al wat ek weet, is dat dinge elke dag meer deurmekaar raak.

En as jy dan besluit jy wil wel die stoute hoewe aantrek en die goed gebruik, hoe maak jy? Kry jy ’n veearts om jou in te spuit, maal jou eie anner helftetjie vir jou elke oggend ’n pilletjie in jou mieliepap in of smeer jy dit aan (en indien wel, waaraan)?

Dit laat ’n mens dink aan die ou storietjie (as ek moet raai seker die legendariese Johan van Wyk s’n) van die oom en tannie wat daar in die Oos-Vrystaat met die perdekar van die plaas op pad was dorp toe vir ’n Nagmaalsviering.

Dis nou in die jare toe daar nog perdekarre en kispakke was en rêrige Nagmaal in ’n volgepakte kerk en toe sosiale afstand net die 30 myl na die naaste buurman was.

Soos nou se tye ná die oorvloedige reën in daardie geweste was die perde maar steeks as hulle by die vol driffies opdaag en daar steek hulle so by die vierde vol driffie viervoet vas.

Dis toe dat die oom mos oor sy skouer kyk en vir die tannie skreeu: “Smeer aan, ou dier, en kom!”

Maar die oom Jan het ’n plan en pluk ’n bottel terpentyn uit en omdat hy die leisels moet hou en veral jammer was vir sy enigste paar blink kerkskoene, laat hy vir tant Sus afklim om die terpentyn onder die perde se sierlik gevlegte sterte te “apply”.

Die volgende oomblik vat daai twee merries voor die karretjie vlam en sien jy net water en klippe spat soos hulle afsit dorp toe. Dis toe dat die oom mos oor sy skouer kyk en vir die tannie skreeu: “Smeer aan, ou dier, en kom!”

Dik Daan sê hy voel soos ’n hond om oor so ’n ernstige saak ligsinnig te raak, maar hy sê sy buurman het vier dae nadat hy die beesdip begin drink het, sy grassnyer verkoop, want, blêr hy dit oral in die buurt uit, hy kan skaars genoeg kry van die sappige lang grassies in sy voortuin.

Hy wat Daan is, sê ’n ding wat hom baie hinder, is die berig wat hy raakgelees het van die gorillas in ’n dieretuin in Kalifornië wat positief getoets is vir die virus.

“Om te dink wyle Max daar in Johannesburg se dieretuin se grootste bedreiging was ’n gewapende rower,” sug hy.

“Kan jy jou indink as ons die dag nie meer diere- of willetuin toe mag gaan nie omdat hulle bang is dat ons die liewe diertjies gaan aansteek? Nee, my ou maat, deurmekaar is nie eens die woord nie!”

En sonder enige katterigheid ’n hondestorietjie van die vrou wat in Kanada gearresteer is toe sy ná spertyd met haar man aan ’n leiband gaan stap het.

Al probleem is die polisie het nie gedink haar troetelhond is dierbaar nie en hulle elkeen met R18 500 beboet.

Dis om van te tjank!

Smeer maar aan en kom.

Meer oor:  Blouwillem  |  Medikasie  |  Pandemie  |  Humor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.