Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Pa se lesse bly, geur van Old Spice ook
Blouwillem

My ou maat, trek jou nuwe Jockey aan en smeer jou Old Spice wat jy Sondag gekry het aan jou bakkies as jy klaar die onooglike hare afgekrap het en luister na Cat Stevens se “ Morning Has Broken”. En moenie jouself jammer kry as jy by die volgepakte Spur vir jou hele uitgebreide familie se etes moes betaal het nie, want dis wat pa’s op Vadersdag doen in ruil vir Old Spice, onderbroeke en baie liefde.

Ek kan nie onthou dat daar in mý pa se tyd Vadersdag was nie, so hy het maar net met Kersfees Old Spice gekry, waarmee hy so spaarsamig te werk gegaan het dat ons ná sy dood ’n stuk of vier ongebruiktes agterin sy kas gekry het. Maar dis nie die reuk van pa se Old Spice wat lewenslank by my gebly het nie, maar die dinge wat hy saam met my gedoen en my geleer het.

Smiddae as hy van die werk af gekom het, het hy saam met my Tromp van Diggelen se oefeninge uit boeke wat hy bestel het op die grasperkie agter die huis gedoen want hy wou my ou asma-borsie regoefen ( wat hy met die hulp van Bo reggekry het). Hy het my geleer hoe om gras te sny met een van daai selfstootmodelle (die enigste soort daai jare).

Hy het my geleer om my ma te help en ná etes moes ek skottelgoed was en het hy afgedroog.

Moenie jouself jammer kry as jy by die volgepakte Spur vir jou hele uitgebreide familie se etes moes betaal het nie, want dis wat pa’s op Vadersdag doen in ruil vir Old Spice, onderbroeke en baie liefde.

Hy het my geleer om sag te werk met vroumense, maar ook wanneer om stil te bly.

Hy het my lesse in eerlikheid geleer. Daai jare se polisiemanne het hulle paadjie koeëlreguit geloop. Korrupsie was ’n woord wat vir die boewens gereserveer was.

Ek bel hom eendag as student uit Bloemies met ’n langtiekie en hy hoor dit, sny my summier af en vir twee weke laat hy my sweet en moet my ma vrede maak.

Uiteindelik praat hy weer met my en verduidelik vir my dat die feit dat al die ouens dit doen en die poskantoor mos baie geld het, juis die beste rede is vir mý om nie skelm te wees nie.

Vandag probeer ek my nageslag leer dat hoe meer dinge jy in jou lewe reg doen, hoe minder moeilikheid jy sal hê. Doen ek dit self? Ongelukkig nie altyd nie, maar daai is nou nie oupa Piet se skuld nie.

Laas Vrydag hoor ek hulle sê oor die radio mense moet die R35 en die R23 na Nkandla vermy want daar is ’n konvooi busse op pad soontoe. Later hoor ons dis net oom Jakob se kinders wat op pad is vir Vadersdag. Maar dié ou perd is nog ’n vulletjie teen die Indiese oom Ziona Chana, wat laas Sondag oorlede is nadat hy 94 kinders by sy 39 vrouens gehad het (darem nie almal Sondag nie). En ’n babavulletjie teen Winston Blackmore van Kanada met sy 150 kinders by 27 vroue. Nee kyk, daai’s nou skottelgoed pappa!

Meer oor:  Blouwillem  |  Familie  |  Pa  |  Liefde  |  Vadersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.