Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Bly fokus op die liefde

Dis een ding om teen verkeerde dinge te wees, maar iets anders om vir God te wees. Baie mense is vroegjaar en heeljaar so besig om teen alles te wees wat verkeerd is dat hulle geen tyd oor het vir enigiets anders nie. Te veel godsdienstiges kan jou amper daagliks opdateer met die jongste sondes en duiwelse dinge in die wêreld. Maar as jy vir hulle vra hoe hulle hul naaste liefhet op konkrete maniere, dan kyk hulle jou vreemd aan.

Tereg sê Bill Creech: “There’s a war on between the people who are trying to do something and the people who are trying to keep them from doing something wrong.”

Navolgers van die Here se eerste prioriteit is om Hom lief te hê en ander soos hulself. Gelowiges se hoofroete is dié van liefde, nie dié van teen alles wees nie. Om God en ander lief te hê, skuif al jou aandag na Hom en ander toe. Om teen alles wat verkeerd is te wees, skuif al jou aandag soontoe. Kies reg! 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.