Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Bonhoeffer is steeds die gom van eenheid
Nico Koopman

Veertig jaar gelede het my teologiese opleiding aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) begin.

Een van die teoloë aan wie ons dadelik bekend gestel was, was die Duitse teoloog Dietrich Bonhoeffer, wat in 1945 deur die Nazi’s vermoor is.

In hierdie week dat ons ook Martin Luther King jr. gedenk, word die vierjaarlikse Bonhoeffer-konferensie van die International Bonhoeffer Society by die Universiteit Stellenbosch en UWK gehou.

Bonhoeffer was ’n huishoudelike naam in die stryd teen apartheid, met die oorgang na demokrasie, en noudat ons demokrasie deur talle bedreigings in die gesig gestaar word.

Ek onthou nog hoe studente van verskillende studierigtings Bonhoeffer aangehaal het. En as moed ons soms ontbreek het, het ons Bonhoeffer se sterwenswoorde onthou: “So, this is the end. For me the beginning of life.”

Met die oorgang na demokrasie het ons sy siening onthou dat getroue dissipelskap en verantwoordelike burgerskap onafskeidbaar is.

Met die oorgang na demokrasie het ons sy siening onthou dat getroue dissipelskap en verantwoordelike burgerskap onafskeidbaar is. As ons oor transforma-sie dink, onthou ons sy woorde dat ons trans-formeer sodat ons kan konformeer aan Chris-tus. Transformasie se oogmerk is gelykvor-migheid aan Christus.

As ons nadink oor ’n lewe van eenheid te midde van verskeidenheid, onthou ons Bonhoeffer se woorde “Beware of the person who cannot be alone. Beware of the person who cannot be together.”

Ons word ook aangegryp deur Bonhoeffer se klem op die etiek van verantwoordelikheid. Die konferensie se tema is “How shall the coming generations live?”

Robert het glo vir hulle gesê hy prioritiseer die projek sodat ek en hy meer tyd saam kan deurbring.

Vir Bonhoeffer is getrouheid en verantwoordelikheid om te vra watter soort samelewing ons wil nalaat vir toekomstige geslagte.

Die Nederlandse teoloog Frits de Lange praat juis by die konferensie oor optimisme as ’n noodsaaklike morele deug. Bonhoeffer roep ons op om die toekoms hoopvol én optimisties tegemoet te gaan, en om veral ook in toekomstige geslagte vertroue te stel.

By die konferensie is ’n publikasie oor Bonhoeffer deur myself en kollega Robert Vosloo bekend gestel. By die geleentheid verduidelik die voorsitter van die aand hoekom Robert by die projek betrokke geraak het.

Robert het glo vir hulle gesê hy prioritiseer die projek sodat ek en hy meer tyd saam kan deurbring. Dít was vir my van die mees treffende woorde van die konferensie.

Teoloë soos Bonhoeffer maak vriende van mense wat deur apartheid en aparte teologiese opleiding geskei was.

Die boekprojek was uiteraard belangrik, maar meer nog, die kosbare vriendskap wat gevorm is deur 20 jaar se saamdink oor en saamstap met teoloë soos Bonhoeffer.

  • Prof. Koopman is ’n teoloog en viserektor aan die Universiteit Stellenbosch.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.