Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Brabbeltaal verhaas taalverskuiwing
Prof. Hennie van Coller

Iemand vertel my onlangs dat sy laaste in die ry gestaan het toe kennis van Engels uitgedeel is. Ek weer, was nie eers in die ry met die uitdeel van baie ander dinge nie. Een daarvan is geduld.

Daarom moet ek my werklik bedwing (soms daartoe gedwing deur my vrou) wanneer ek iemand teëkom wat sy of haar werk nie kan doen nie. In Suid-Afrika is die werkloosheid-syfer onrusbarend hoog. Om ander voortdurend in die oë te kyk vir aalmoese, is aftakelend en vernederend.

Daarom alleen al moet ’n mens die geleentheid om te werk waardeer en dit met nougesette ywer verrig. Vir ’n doktorale student van my wat op Harrismith woon en ver is van sy universiteit, het dit byna ’n jaar geneem om sy registrasie (wat vir die betrokke universiteit baie subsidiegeld beteken) af te handel. Omdat die werknemers in die administrasie nie ’n benul het van wat hulle doen nie en net voortdurend die saak na iemand anders verwys het.

Uit lojaliteit teen-oor Afrikaans kyk ek soms na selfs swak programme op Afri-kaanse televisiesen-ders. Wat opvallend is, is hoe swak omroepers soms kommunikeer – se-ker dié sentrale as-pek van hulle werk. Stemmetjies is dik-wels bra yl, maar dit is veral die gehalte van die Afrikaans wat my teen die bors stuit.

Haar Afrikaans is egter benede peil en sy ken selfs nie eens kosterme en die name van kruie in Afrikaans nie!

Aan ’n brabbeltaal het ek ’n broertjie dood. Kyk egter na Van skaapstert tot Camembert (wat in elk geval bestaan uit 50% onderhoude in Engels) en jy staan verstom. Die aanbiedster val byna agteroor in haar poging om Engelse (en soms Franse) woorde korrek uit te spreek. Haar Afrikaans is egter benede peil en sy ken selfs nie eens kosterme en die name van kruie in Afrikaans nie!

In Koffieboon was die Afrikaans van die aanbieder só swak dat ek maar brandewyn by my koffie moes gooi om nie in ’n diep depres-siewe toestand te verval nie.

Die sportaanbieder op die Afrikaanse nuus spreek onlangs die naam van die Belgiese tennisspeler David Goffin uit as “gôffin”, soos die Engels vir ’n kis.

In al dié gevalle gaan dit om die feit dat die aanbieders skynbaar geen respek vir Afrikaans (en hulself) het nie, want wanneer hulle Engels praat, word moeite gedoen om dit foutloos te doen. Hulle voorbereiding én werksgehalte is nie op standaard nie.

Van baie Afrikaanse joernaliste – wie se werk direk verband hou met foutloos skryf – wil ek nie eens praat nie. My daaglikse lysie taal- en spelfoute raak al bladsye lank. ’n Onlangse opskrif in ’n koerant lui: “Al sukkel die uie, hou ons aan groei.” Jy groei nie uie nie (en ook nie ’n baard nie), en behoort dit al in gr. 7 te geleer het.

Afrikaans staan onder druk en ’n brabbeltaal verhaas taalverskuiwing. Maar dat Afrikaanse programme en drukmedia dit aanhelp, is ’n skande.

Meer oor:  Hennie Van Coller  |  Afrikaans  |  Woorde  |  Taal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.