Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Breek vry van groot miskruier en Toetie-bolle
Charles Smith

Arme Toetie.

Dié man kry net nie die prentjie nie. Dis in oranje op wit vir hom uitgespel op die helder, groen gras van die Toyota- Vrystaatstadion.

Jy wen om hemelsnaam nie meer rugbywedstryde deur hoog te skop en te bid nie. Punt. Die Vrystaat het nie één keer die bal die lug in gesool in die eindstryd teen die Blou Bulle nie. Hulle het nie eens een keer uit hul kwartgebied geskop nie.

Die Vrystaat moes minstens nóg ses drieë gedruk het – en volgende keer sál hulle. Dit wys hul hele ingesteldheid. Franco Smith se rugby laat sy naelers die verdediging opkerf soos biltong.

Maar Toetie Coetzee wil hê die Bokke moet skop, skop, skop in Europa. Hulle gaan nie “roekeloos” soos die Vrystaat jol nie.

Vir ruggas moet jy lank voor die wedstryd in die stadion wees.

Ons kon tien minute voor die afskop Saterdag sien wie gaan wen.

Die Vrystaters warm op soos hulle speel – soos hulle dink. Hulle nael volspoed heen en weer verby mekaar en gooi die bal links-regs so hard as moontlik. Hulle val spasies aan en slinger die bal soos handgranate uit. Dit terwyl die Bulle konvensionele roetines inoefen.

Eish. Roekeloos. Dis wat Toetie is as hy Engeland met sy skop, bid- en huil-taktiek gaan aandurf. Dis Eddie Jones se Engelse bulhonde wat wag – opgepomp soos die Wit Hemde wat die EFF-skurke in die parlementêre losgemale aan hul hare uitsleep.

Dis nie net Toetie nie. Die meeste afrigters in Suid-Afrika wat ruggas jol soos miskruiers bolle poef rol. ’n Geploeter en hopies vorm. Hy is maar nes Zuma die land bestuur en die meeste van sy kabinetslede agter die groot miskruier aan drentel. En ja – soos die meeste van ons.

Suid-Afrikaners lewe eintlik almal met die hoop en bid-benadering. Ons is beskerm in skole, veiligheidsbuurte, huise agter tralies en Klippies en Coke gee ons blindelings moed, maar verswak ons visie vir die toekoms.

Dit sal nie by ons skole gebeur soos by die universiteite nie. Ons is reeds in ’n revolusie. Ek herhaal: Die revolusie is hier. Net soos Franco en Johann Ackermann by die Leeus nuut gedink en gedoen het, moet ons radikaal anders dink om te oorleef. Wegkruipertjie gaan nie help nie.

Daai miskruier rol die land soos ’n bol poef na sy nes. Om uit te breek uit die siklus van bolle en wurms, moet ons radikaal dink om vry te word. Breek uit die eilandmentaliteit.

Dink groen – sny jou af van Eskom. Versterk jou skool – werf bruin en swart kinders en onderwysers. Verstewig bande. Speen jou van staatsorgane, die Zuma-seekat se tentakels. Steun goed wat werk en hoop bring.

Dink soos die Vrystaat en nie soos die Bokke nie, anders gaan jy verpletter word. Dalk luister Toetie vir Franco. Dalk.

Meer oor:  Afrigter  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.