Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Burgerlike visier moet nou verskuif na private sektor

Verantwoordbaarheid deur die openbare sektor teenoor die burgery was nog altyd van belang.

Midde die bykans daaglikse onthullings oor staatskaping sien ons weer die wrange gevolge vir ons staatskas as daar nie behoorlik verantwoording is nie.

Barnard Beukman

Deel daarvan is die reg op toegang tot inligting in die staat se hande – vir sowel landsburgers as die media – en daarom het ons wetgewing daarvoor.

Meer nog, dit is ’n basiese demokratiese reg wat in art. 32 van ons Grondwet beskryf word.

In ’n belangrike uitspraak deur die konstitusionele hof daaroor het die voormalige hoofregter Sandile Ngcobo gesê: “To give effect to (the) founding val­ues (of our democracy), the pub-lic must have access to information held by the state. Indeed one of the basic values and principles governing public administration is transparency.”

En oor die rol van die media onder meer bygevoeg: “Access to information is crucial to accu­rate reporting and thus to imparting accurate information to the public.”

Die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting maak ook voorsiening vir toegang tot inligting van private instellings.

Die bepalings is wel baie enger en hulle kan sulke toegang weier as hulle onder meer meen hul “handelsgeheime” of belange sal deur die verskaffing van die inligting benadeel word.

Maar dit het ’n onhoudbare wegkruipplek geword en ’n mening het ontstaan dat die grondwetlikheid daarvan getoets moet word. Voor Steinhoff het die meeste mense gedink hulle moet net bekommerd wees oor die een aftrekking op hul salarisstrokie: die belastingaftrekking en of hulle waarde daarvoor kry.

Markus Jooste het hulle herinner aan ’n ander aftrekking: die pensioenfonds. Wat vang korporatiewe besture daarmee aan?

MultiChoice wil ook nou sy aandele deur die effektebeurs vir pensioenfondse beskikbaar stel.

Maar hy weier botweg om openbare verantwoording te doen oor die geheime verslag waarin die uitsaaier “onskuldig” bevind word oor sake doen met die Guptas. Dit lyk asof die energiereus Sasol self mag besluit watter inligting hy bekend maak en watter nie, oor of hy die Vaalrivier met gif besoedel of nie.

Die vraag is ook of ombuds vir banke en versekeringsmaatskappye en ander verbruikerswette voldoende is. Klagtes oor wat banke, selfoonmaatskappye en dies meer aan hul kliënte doen, stroom in by mediaverbruikersrubrieke. Ons lees ook te gereeld hoe maatskappye aan prysvasstelling of ondermyning van mededinging skuldig is.

  • Afrekening en hernude opskerping vir die openbare sektor deur die Zondo-kommissie en ander stappe is hoogmode. Maar daar is ’n opbouende woede en ’n versugting dat die visier ook na die private sektor geskuif word. En vinnig.
Meer oor:  Staatskaping  |  Staatskas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.