Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Chase Rhys: Afskeidsrok kan sommer deug vir ’n oopkis-doe

Klink of ieman by my hek wil inko. Die hekke is gesluit, wie ko kuier dan inne lockdown?

Ek loer deurie blinds en sien twie poelisiemanne trek anne klong wat aan my hek vasklou. Nie een van hulle dra maskers ie.

Daas ’n meisie oek involved, ek sien net hoe hop ’n pony-tail soes sy haa liggam tussen die manne druk. Toe ek haa hoo skrie, “los hom” (met resonansie soes ek haar geleer het) erken ek wie sy is en ek’s hie yt my huis yt.

Heidi is een vannie matriekstudente wat my dramaklasse doen. Ek kennie die laaitie by my hekkie, ek’s net concerned oo Heidi se veiligheid. “Heidi ko weg daa!” Daai poeliesman pootjie vi arme Heidi dat sy ’n bollamakiesie skiet ennie anne een teargas die klong tot hy sy greep op my hek afhaal.

Hulle smyt die jongetjie innie van. Heidi gie die voertuig ’n roundhouse-kick soes it veby haa ry. “Mornê!” Skrie sy, een han op haa hart ennie anne reik yt narie dun vinges wat ytstiek deurie agteste venste vannie poelisiebakkie.

Oorblywende pepersproei stiek vas in my keel, ek hoes. “Haai Heidi, jy perform hie, jy moet jou gaan reg maak virrie skool.”

Sy sê sy gaanie trug skool toe nie. “Korona gan my nou een vannie dae vrek maak soe vi wat moet ek nog skool loep, huh? Nooitie! Ek liewe vi liefde! Ek liewe vi my Mornê!” En sy haloep innie rigting vannie poeliestasie.

Die is verhoogde tye, maa lyk my Heidi het osse Romeo en Juliet-studie ’n bietjie te ernstig opgeniem.

Die is verhoogde tye, maa lyk my Heidi het osse Romeo en Juliet-studie ’n bietjie te ernstig opgeniem.

Ek voel gedwing om my anne studente te kontak: Linda issie topstudent van haa matriekklas en sy’s opgewonde virrie skool om oep te maak. “Ek is gereed om te leer en hard te werk, ek moet goeie punte kry sodat ek volgende jaar universiteit kan begin. Die inperking mors tyd, my toekoms wag!”

Sara is bang om trug skool toe te gaan maa oek “prepared assie Covid my kry”. ’n Bietjie morbied, sy het die kwarantyn spandeer om haa eie begrafnis te beplan. Sy’t kla haa headshot virrie funeralpamflet gekies. “Ek’t my vrinne en familie gevra om videos te record waarin hulle sê hoe groot en belangrik ’n rol ek in hulle liewe gespeel et. Hulle moet daai videos oppie bigscreen by my begrafnis wys.” Haa matriekafskeid rok is al verliede jaa klaa gemaak. “Osse matric ball is mos gecancel, soe ek’t vi my ma gesê ek wil in my rok begrawe wôd, sy moet net vesieke maak ek hette oep kis.”

Kelly sê sy willie skool toe gaanie maa sy hettie ’n keuse nie. “Toe ek jonk was het os daai game gespeel waa os mekaa jaag en as ieman jou raak dan het jy hulle kieme op jou. ‘Eva se kieme!’ Dan moet jy ieman annes tik ommie kieme af jou te kry.

“Ek was kwaai in daai speletjie, hulle’t my Kiem-Possible geroep wan nieman kon my vangie. Maa ek kannie van korona weg haloepie.”

Sy sê sy dink heel lockdown oo ’n projek wat sy in geskiednisklas oorie Aztec-ryk gedoenet. “Hulle het kinnes se harte ytgesny om hulle Gode te paai. En nou dat ek innie middel van ’n pandemie teruggaan skool toe, voel it soes ek deel vannie grootste kinder sacrifice innie geskiedenis vannie wêreld is.

“Hoepelik sal my opoffering genoeg wies om God tevrede te stel. Die bloed van allie duisende kinnes wat oppie Kaapse Vlakte doodgemaak is voordat korona gekommet, wassie genoeg vi osse God ie. Ek bid net dattie hekke vannie hemel vi os oep is.”

Meer oor:  Chase Rhys  |  Suikewate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.