Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Chase Rhys: G’n plek vir jou labels wanneer die berg se stilte hardste praat

“Ek was soe bly toe die regering sê ons kan weer buite oefen.” Die vrou strek haa oë en mond wyd ommie sunscreen tussen haa plooie in te vryf. “Ek is ’n hiker, ek het die berg soe gemis.” Sy stiek haa elemboog yt vi my. “Maggie, aangenaame kennis.”

Ek is inne volle huis gekwarantyn, soe ek’t berg toe geko omme bietjie alone time innie natuur te spandeer. Daase beach bo-oppie berg; cola-gekleurde spring water omring deur wit strandsand, oorblyfsels vanne tyd toe die boenste vanie berg nog onnerie see was. Die lewe het dit soe uitgesit dat ek en Maggie dieselle tyd oppie paatjie dam toe begin. “Ons loop tesame,” insist sy, “ek het lank laas ’n gesprek met iemand in die regte lewe gehad.”

Die eeste end vannie paadjie is geteer. Ôs begin net ôsse moeilike opdraande reis, toe vetêl Maggie vi my haa hele life-story.

“Ek is oorspronklik van Gauteng.” Ná haa man se dood het sy Kaap toe getrek om nader an haa kinnes te wies. “Dis mooi hier, maar ek bly ’n boeremeisie.” Sy vertel my van haar kinderjaare oppie plaas. Sy hou haa oë op haa fancy hiking boots, verlore in nostalgie. “Ek is nou ’n pensioner, ek het my sestigste verjaardag alleen in lockdown gevier. My kleinkinders kon nie eers saam met ouma kom kuier het nie.” Sy trek haar masker af, sy sukkel al vi asem, maa die vrou hou nie op praatie. “Ek was vir jare ’n wiskundeonderwyser, en toe ’n eiendomsagent, maar in my hart is ek ’n tapdanser.”

Ommie ienigste audience van Maggie se outobiografiese one-woman show te wies, was uitpittend. Hoe hoër ôs die berg klim, hoe verder trug in tyd verloep haa verhaal.

Toe ôssie einde vannie teerpad bereik, is sy biesig om te praat oo haa familie se rol innie Twiede Boereoorlog. My biene buckle al onnerie gewig van haa geskiedenis. Ek stop en sê vi haa, “Kykie Maggie, los it!”

Los al jou labels hie, virrie res vannie stap is jy nie ’n ouma, pensioner, boer, tapdanser waatookal nie.

Sy hou op praat, geshock. Die skielike stilte is soe lekke, ’n rilling het van my nek opgehaas. Ek draai om en wys narie teerpad, “Kom ôs try iets, kan jy alles wat jy nou vi my gesêrrit oppie teer los?”

Sy lyk confused.

Ek sê, “Ja, ko ôs los al daai memories vannie verliede en visions vannie future net hie. Los al jou labels hie, virrie res vannie stap is jy nie ’n ouma, pensioner, boer, tapdanser waatookal nie. Ôs los al Maggie en Chase se stories hie, en ôs loep vars an dam toe.”

Sy staar soe ’n tydtjie die teerpad, blaas diep asem yt, verlig. Maggie maak haa mond oep om te praat en is self verbaas toe sy sê: “Ek het niks mee om te sê nie.”

Sy smile net. Die glimlag bly op haa gesig soes ôs an in stilte stap. Maggie wys narie geometriese rotsformasies langsie paadtjie. “Kyk, dit lyk soos verkalkte koraalriwwe.”

Sy vryf die agteste van haa hand saggies tienne bright-pienk protea. Sy tilt haa kop eenkant en lyste narie berg se harmonieë.

Byrie dam float Maggie op haa rug innie donke water; ek lê oppie wareme witsand en skryf.

Latere waai sy vi my en sy loep allien trug. Ek vetrek sieke soe ’n uur ná haa, maa ek kry haa oppie paadtjie. Sy sit haa vinge op haa lippe, ek moet stil bly. Ek volg haar blik; daa oppie teerpad speel ’n troep bobbejane. Maggie fluister: “Hulle’s ’n fisiese manifestasie van wat ek oppie teer ge-loset.”

“Monkey mind,” sê ek.

“Ja wel, ek gaan nie weer daai aap op my rug dra nie.”

Meer oor:  Chase Rhys  |  Stroepsoet  |  Suikewate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.