Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Chase Rhys: Is te laat vi blomme, veral as krag af slaat

Ek druk pause oppie end credits van Fiela se kind. Die oggen toe sy ie nuus ontdek dat Shaleen Surtie-Richards oolede is, het my vriendin Die Aktrise vi my na haa hys genooi ommie ikoniese fliek saam te kyk. Sy’t gehuk en snuk vannie hyl onne haa vebliekte leopard print-kombers. Die Aktrise was een van Shaleen se protégés, “Ek kry ’n knop in my keel elke kee as Shar oppie screen ko. Is seer. Die laaste kee wat ek vi Fiela gekyket was ek in laerskool. Ek is spyt dat ek it nie recently wee gekyk hettie, ek wens ek kon vi Sha vetel hoe briljant sy innit is.” Die Aktrise het haa phone mettie erg gekraakte skerm angesit, it het beginne anhoudend ping van allie notifications, “Ôs ammel wys nou soveel support, maa is te laat. Wat issie punt om ieman blomme te gie nadat hulle dood is?”

Die Aktrise was reg, niemand moet sterf om waardee te wôd ie.

Innie verliede het it gevoel asof ôs nie geestelik kan vestaan wat ieman vi ôs betieken terwyl hulle nog hier issie, maa Covid het ôs gewys dattie lewe veskriklik tydelik is. Ek hettie pyn vooryt geloop en probee vebeel hoe my liewe sal wies sonne Die Aktrise. Sy is tog in dieselle sinkende boot soes meeste vannie land se kunstenaars – ammel sukkel om hul kop bo wate te hou. Daasie much keuse virrie artist nie; hulle kan eire die land velaat en van ooraf hul loopbaan êrens overseas begin, of hulle kan hie bly en vrek.

Omme kunstenaa in Suid-Afrika te wies, isse death sentence.

Byrie hys het ek al Die Aktrise se wêk gan onnesoek. Ek het elke reeks en film van haa van vooraf gekyk met intensie, asof it die laaste kee is wat ek haa oppie skerm sal sien. Sy was vebaas toe ek by haa voodeu opdaag mette bouquet en lof vi haa opvoerings. Sy’t haa blomme yt my hand gevat, “Het jy nie al lankal my movies gekykie?”

“Ja, maa die kee het ek my vebeel dat jy oorlede is en dit het gemaak dat ek jou kuns rêrag gesavour het. Ek dink as ammel met dai perspektief kyk, al is it ’n bietjie macabre, sal hulle jou mee waardee.”

Sy klou vas annie valse pêrels wat om haa nek hang, “Dankie, maa ek willie hê dat mense annie dood herinner moet wôd elke kee as hulle my siennie. Is ek an nou Undertaker? Mens kan my mos waardee sonne om soe morbied te wies.”

Ek vra haa, “Maa hoe doen ôs dit? Hoe kan ôs kunstenaars hul blomme gie tewyl hulle nog met ôs is? Ja, government en instellings moet hul kant bring, maa wat kan ek vi jou doen?”

“Geniet my wêk. Praat daaoo, maak posts. Ôs is nou innie aanlyn era en daa is geen afstand tussen kyker en kunstenaa nie, soe hou an om boodskappe en comments te stuu, ek lees dit alles.” Die Aktrise plaas ’n emmer oppie vloe ommie reënwate wat yt haa plafon drup, op te vang. Ek sê, “Al is dai liefde lekke, dit sittie ’n sent in jou rekening ie.”

“Wiet jy wat ga ek doen?” Die opening credits van Die Aktrise se show speel oppie TV, sy ko sit langs my, “Van nou af gaan ek my bankbesonderhede soema netsoe op al my sosiale media sit sodat ie audience vi my geld direk kan stuu as hulle my wil bedank.”

Die aktrise verskyn oppie skerm, haa toneel het net begin, toe slat haa krag af.

Meer oor:  Chase Rhys  |  Shaleen Surtie-Richards  |  Suikewate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.