Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Chase Rhys: ’n Soentjie oorie wate vi see se ‘oupa’

Ek’t strand toe gehaas na die regering ôsse beaches wee oep gemaaket. Daa’t ’n ou man oppe bankie oppie sand gesit, hy’t maroen krysbande gedra. Op sy skoot rus ’n groot, oopgevoude wit blaai mette full-portion vis en chips innie middel. Sy kleinseun het langs hom gesit. Die driejarige klong se gesiggie was inne Portuguese roll gebêre, die onneste van sy gesig spierwit vannie meel ennie boenste helfte vol seesand. Slapchips wat yt sy roll gevalet, hette hele flok seemeeue gelok, hulle’t vinnig ommie bankie geswerm. Die oupa het hulle probee weg waai met vloekwoorde en swaainde arems, maa daai hardkoppige diere bob and weave maklik sy houe. Die ou man het sy parcel mooitjies wee toe gewrap en oorie kin gestaan sodat die seagulls hommie lastag val tewyl hy nog biesig is om te ietie.

Ek was so betower deur hierdie toneel, selfs die strand se verleidelike turkoois wate wat ek maande laas gesien het, kon my aandag nie hou nie. Ek’t die ou man dopgehou soes hy sukkel om af te buig om sy broekspype op te rol. Hy’t innie vlak wate gaan staan met sy kleinkin tussen sy biene. Die jongetjie gil wanne die golwe se wit skuim oo sy voete rol. Die ou man het oorie horison gestaar, hanne agterie rug. Ek’t nader gegaan ennie oupa se blik oorie wate gevolg. ’n Klein vissersbootjie met Wat Kyk Jy annie kant geskryf was biesig om trug narie shore te keer. “Kyk daa,” smile die ou man virrie kin, “Pa se skip ko in!” Ek’t hulle gegroet en vetel hoe bly ek is om wee byrie strand te wies: “Ek’t ampe gedink ’n man sal nooit weerie see siennie.” Die oupa kyk stip na my: “Vi wat lat jy die government vi jou dic­tate waa jy kan gan? Jy’t ’n reg om hie te wies.”

“Maa Uncle, hulle sal my mos gearresteer et.”

“Tsk, lockdown of te not, wie’s hulle dan, huh? Jy sal geshock wies as ek jou sê hoeveel kee ek al opgesluit was net omdat ek my voete hie gesittet, die was mosse slegs blankes beach back in the day.” Hy’t een krysband van sy skouer af getrek ennit in sy kleinkin se han gedruk. “Hou vas. Kom ôs gaan jetty toe.” Ek’t saam met hulle soentoe geloep. Wat Kyk Jy behoort annie ou man en hy wou sien hoe lykie dag se catch. Hy vetel vi my hy’s ’n gesoute visserman, maa sy dogters het insist dat hy aftree wan die wêk is te gevaa­lik vi ieman sy ouderdom. Hy’s nou ’n booteienaar maa hy mis die wate. “Ek voel at home oppie see. Mense oppie land is te unstable.”

Vedag is ek wee byrie strand, ek staan byrie kaai. Ek’s opgewonne wan Wat Kyk Jy is biesig om te dock. Behalwe virrie manne wattie boot vasmaak, is daa geen vissermanne en niks vis innie boot ie. Net twie vroue in over­sized donke sonbrille klim yt. Een vannie vroue hou die ou man se kleinkin in haa arms. Sy haal haa brille af (sy’t die ou man se oë, ek’s seker sy’s sy dogter), sy draai narie wate en staar innie verte. Sy hou annie kin se elemboog en beweeg it op en af, ek hoo sy sê: “Say bye-bye, Pa.” Ek kyk of ek die ou man kan raaksien, maar hy’s nêrens. Ek sien toe die anne vrou hou ’n klein houtkissie in haa han. Die man se kleinseun sê “Tata, Pa” en blaas ’n soentjie oorie wate.

Meer oor:  Chase Rhys  |  Suikewate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.