Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Chase Rhys: Toe gun-skote klap, vegiet Sandy skoon van haa sale

Ek woon innie Kaap se hiper-gesegregeerde Deep South. Kaalvoet, vegan en gedrapeer in tie-dye, die mense wattie lentilgordyn definieer, wêk hard om in harmonie mettie natuur te leef (die is immers waa hulle My Octopus Teacher gefilmet), maa doen min om met hulle “other” menslike bure te integreer.

Hie is ôs soe ontkoppel van mekaa dat dit steeds ’n anomalie is as ôsse persoonlike wêrelde mekaa kruis. Soes wanne die vrou met dreadlocks enne stick-on glitter bindi op haa vookop, die wiek by my voodeur ytgestieket.

“Namaste, I’m Sandy from Scarborough. Would you like to buy a bag?” Sy hette hempsak met drie woorde daarop opgehou en voorgelees soese foundation phase onderwyser, haa vinge het na elke embroided woord gewys: “Live. Love. Laugh.” Ek’t virrie platitude gefrons en ek wou nee dankie sê maa Sally’s een van daai mense wat heeltyd direk in jou oe staar, kyk nooit weggie. Ek’t ongemaklik gevoel en miskien ’n bietjie guilty omdat ek kon sien dat sy self die tas gemaaket, dis haa kuns en ek wil nooit ’n artist ontmoedig nie. “Daai’s ’n baie nice font,” lieg ek toe.

“Hierdie is magic bags,” sê Sandy, “ek het my kristalle daarin gehou om met genesende energie deur die materiaal te dring.” Kyk, ek het gewiet die area wemel van Wiccans maar watse doekoem vekoep die vrou by my voordeur? Sandy het al an verduidelik – sonne om oeg te knip – dat dit maakie saak waar jy issie, as iets negatiefs met jou gebee “gooi jy net my sak oo jou skouers, en lees hierdie drie woorde. Dit sal jou remind om te live through it, love it or just laugh at it.”

Ek’t oo haa skouers gekyk narie drie shady jongens wat vinnig af innie pad haloep. “Hoekom vekoep jy sakke hie?” vra ek haa. Sy sê toe dat sy haa catering besigheid moes sluit weens lockdown. Borduurwerk was net ’n stokperdjie, maar nou wil sy geld daaruit verdien.

“Het jy nog designs?” Sy’t ’n anne sak gewys waarop “Just say namaste” gestik was. Langs die woorde was daa kleine embroided diere en familiar figure van mans met spiese. “Is daai suppose om San-rotskuns te wies?”

“Ja presies,” sê Sandy, “Ek was op ’n silent retreat in die Drakensberg en ek is so geïnspireer deur die beelde op die rotse, ek het gedink ek moet dit embroider.” Ek’t gehoep daa wasse rede agterie artistic choice ommie twie verskillende kulture soe te juxtapose – miskien wou Sandy ’n statement maak oo Suid Afrika se mengelmoes identiteit en geskiedenis? Ek wou hê dat sy haa idee ytbrei, ek sê: “Maar namaste is mos Indies en die is local San-tekeninge?”

Sandy het haa kop geknik. “Ja, ek sit die Nama in Namaste.” Toe ek haa vra offit reg is om kultuursimbole te gebruik wat sy glad nie ees vestaan nie, het Sandy my deur nougestrekte oe geloer. “Eintlik is ons almal mos bushmen.”

’n Paa gun-skote het innie verte geklap. Sandy se oe het wyd oepgeskiet van paniek, sy’t dadelik plat voo my deur gaan lê. “Haai kyk, there’s a guru on my stoep,” joke ek, my ore al ou gewoon annie ontploffings, “moennie worry nie hulle’s innie anne pad.” Sally het soe gebiewe skoons haa bindi het van haa vookop af geval. “Hoe kan julle soe leef?!”

Ek het my skouers opgetrek. “We live, love, laugh through it.” Sandy wou nie wag om haa sale klaa te maakie, sy hettie ees goodbye gesê nie, sy’t net vinnig na haa kar toe gehaloep. ’n Opgeblaaste yoga ball het van een kant narie anne op haa backseat gerol soes sy wegjaag.

Meer oor:  Chase Rhys  |  Suikewate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.