Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Chroniese gebruik hiervan het nie wenners

Jy kan jou hand vir omtrent een minuut in ’n bak yswater hou voordat jy dit uitruk. Tarzan behoort twee minute te haal, mits
Jane sy ander hand vashou.

Mense wat sterk pynmedikasie, soos morfien, chronies gebruik, sal beswaarlik die 15 sekonde-kerf haal.

Pynmedikasie word jaarliks deur miljoene mense geneem om pyn te verlig. ’n Paar Panado’s doen gewoonlik die ding om van daardie lastige hoofpyn, wat waarskynlik sonder medikasie ook sou verdwyn het, ontslae te raak.

As dit nie werk nie, is ’n kombinasie van parasetamol en ’n anti-inflammatoriese middel gewoonlik die antwoord.

Dit is meestal onnodig om sterker pynstillers te neem, maar dit gebeur tog dikwels. Dit is nie net pa­siënte se fout dat hulle hunker na Morpheus se doepa nie, maar ook weens dokters se dwaasheid.

Kyk net hoe maklik word morfiensoort middels in Amerika voorgeskryf. In so ’n mate dat ’n onaanvaarbaar groot persentasie van die Amerikaanse bevolking totaal en al verslaaf is aan hierdie middels. En steeds pyn het . . .

Deesdae is daar orale produkte wat maklik in die handsak pas. En dít is waar die probleme begin.

Morfien en verwante middels verlig pyn deur aan spesifieke reseptore in die brein te bind.

Kortstondige gebruik is baie doeltreffend en hierdie middels word algemeen in hospitale en teaters gebruik om erge pyn te verlig. Sonder probleme. Vir baie mense is die gepaardgaande euforiese gevoel eenvoudig net te lekker en hulle smag na meer.

Nie baie jare gelede nie was hierdie middels slegs in inspuitvorm beskikbaar. Deesdae is daar orale produkte wat maklik in die handsak pas. En dít is waar die probleme begin.

Wanneer die opiaat-reseptore in jou brein die heeltyd beset is, verander die hoeveelheid reseptore in jou brein en voordat jy jou oë uitvee, het jy meer en meer pille nodig om jou pyn te verlig. Of om beter te voel.

Nou is jy amptelik verslaaf en is dit baie moeilik om sonder profes­sionele hulp van hierdie juk ontslae te raak. Ook gaan dit nou nie meer oor pyn nie. Die woord “pyn” is bloot die rede om jou euforie-verslawing te versadig.

Sou jy nog aan chroniese pyn ly, en daar is vir seker diesulkes, is dit te verstane dat hierdie mense verligting soek en enigiets sal doen om beter te voel. Maar ongelukkig skiet hulle met al hoër doserings hulself in die voet.

Om dit vir ’n hoofpyn voor te skryf, is misdadig.

Opiaat-geïnduseerde hiperalgesie (verhoogde pyngevoeligheid) is ’n onafwendbare gevolg waar selfs ’n handvol kragtige pynstillers nie kan verhoed dat jou brandewyn en ys in jou hand jou seermaak nie. Die chroniese gebruik van morfiensoort middels het nie wenners nie.

Om hierdie middels te gebruik vir ’n gewone hoofpyn, is onverantwoordelik.

Om dit vir ’n hoofpyn voor te skryf, is misdadig.

Wanneer pyn werklik ’n probleem is, probeer die onderliggende patologie te behandel. Soek ’n geneesheer wat bereid is om te help soek, al kom die antwoord en oplossing nie dadelik nie.

As jy hierdie middels reeds gebruik en voorskrifte herhaal omdat jy, ten spyte van jou hoë pyndrempel, steeds pyn het, ly jy alreeds aan opiaat-geïnduseerde hiperalgesie.

En is jy verslaaf.

  • Dr. Mödler is ’n medikus, skrywer en kunstenaar van Kaapstad.
Meer oor:  Heinz Mödler  |  Gesondheid  |  Menings  |  Medikasie  |  Verslawing  |  Chroniese Medikasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.