Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
City Press laat SA in woord leef
Gert Coetzee

Sophiatown, Soweto, Sharpeville, Sebokeng, Robert Sobukwe, Steve Biko, Nelson Mandela, swart nasionalisme, gedwonge verskuiwings, noodtoestande, Info-skandaal, SAW-aanvalle op buurlande . . . En die stroop van skinder, seks en sport.

Alles vertel in kleurryke taal en swart- wit foto’s van begeesterde joernaliste wat in die swashbuckling Sophiatown-styl van die swinging fifties hul lied vir Suid-Afrika op hul knetterende tikmasjiene en deur die kameralens laat huil en sing het.

Dit is ’n weeklikse Sondag-plig en -plesier om City Press te lees en daaruit te put hoe die grootste deel van my mede-Suid-Afrikaners leef en dink. Ook oor ongemaklike sake soos ongelykhede en grondonteiening wat ek vanuit my gepriviligeerde hoekie kon afmaak.

Dit was nou ’n voorreg om die kraaknuwe boek The Chapter We Wrote, The City Press Story deur Len Kalane, ’n oudredakteur, te lees. Joernaliste hou daarvan om oor ander joernaliste en hul werk te lees. Dit laat die universele nuus-adrenalien deur die are bruis.

En Kalane kry dit passievol reg om die romanse van die City Press-geskiedenis te laat herleef van die wortels in die 1950’s se dae van diep apartheid toe die eksentrieke Engelsman Jim Bailey die ikoniese tydskrif Drum tesame met Golden Post as instellings gevestig en die gesig van swart joernalistiek in die land onherroeplik verander het – en daardeur die land help verander het.

Die City Press-verhaal is nie te skei van Suid-Afrika s’n nie. Ondersoekende joernalistiek was sy struggle-bydrae.

Die City Press-verhaal is nie te skei van Suid-Afrika s’n nie. Ondersoekende joernalistiek was sy struggle-bydrae. “The scale of inequality was graphically captured by Bailey’s journalists in photographs, sketches and words. The story was told with satire and with serious frowns, captured in the pungent odour of ghetto back alleys with adventure, determination and courage, thus spawning a great generational legacy that is still unmatched.

En natuurlik is apartheid nie uit Suid-Afrika se verhaal te haal nie. Die pyn van gedwonge verskuiwings druip van die blaaie van City Press wat dit in die loopgrawe gaan haal het by diegene wat deur die meesterplan van migrasie getref is. Saul Mkhize, Driefonteinse leier, se briewe aan Piet Koornhof om die ge-meenskap te laat bly, is hartverskeu­­- rend. Piet “Promises” het met woorde gespeel en doelpale bly skuif.

That was the law of apartheid: ‘Vat jou goed en trek of vrek!

“Maburu se bulldozers, soos hul koeëls, het nie gestop nie,” skryf Kalane.

Asook: “That was the law of apartheid: ‘Vat jou goed en trek of vrek!’ ”

Nie verwytend so nie, maar feitelik relevant. Só was dit. En met historiese insig – “Afrikaners het toevlug gaan soek in ’n formidabele laer gegrond op apartheid vir die beskerming, bewaring en bevordering van hul eie”.

The Chapter We Wrote loof ook Afrikaners wat van die 1980’s aan verandering meegehelp het. En Naspers wat ondanks werknemers se lugtigheid met die oorkoop van City Press, Drum en True Love in die 1980’s redaksionele onafhanklikheid ten volle laat gedy het.

Die Drum-stal het legendariese joernaliste soos Can Themba, Henry Nxumalo, Es’kia Mphahlele, Peter Magubane, Desmond Blow en baie ander gelewer.

Dalk die bekendste redakteur van die “nuwe” City Press was Percy Qoboza (PQ), wat as redakteur van The World in 1976 tot laaste saam met werkers by die drukpers gebly het toe die NP-regering die koerant se deure finaal gesluit het.

Lateres sluit Khulu Sibiya, Kalane, Vusi Mona, Mathata Tshedu, Khathu Mamaila, Ferial Haffajee en (nou) Mondli Makhanya in met talle Nieman-genote onder hulle.

Soos City Press tóé help verander het, is sy joernaliste ook nou aan die voorpunt daarmee om die regering en ander aanspreeklik te hou en Suid-Afrika te help bou. Saluut.

Meer oor:  Koerante  |  Joernalistiek  |  City Press  |  Mening  |  Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.