Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Covid-19 bring dood na ons gedagtewêreld

Ek kan nie onthou of daar al ooit ’n tyd in my lewe was waar ons so met sterftesyfers gekonfronteer is soos tans nie.

Nie die dodetal op die paaie ná ’n Paasnaweek, die jaarlikse moordstatistieke, of die bekendmaking van die hemelhoë MIV/vigs- en TB-sterftes kan vergelyk word met wat ons nou ervaar nie.

Een van die redes hiervoor is natuurlik omdat mense graag wil weet of ons die stryd teen die virus wen of verloor. Wat die syfers wel doen, is om die dood konstant in ons gedagtewêreld in te bring.

Daar is iets misterieus aan die dood. Soms oorval dit ons skielik, en soms sien ons dit van ver af aankom. Dit kruip voetjie vir voetjie nader – dit voel of die dood met ons kat en muis speel. Soms genees siekes wonderbaarlik en dan wil dit lyk of die dood eers gewyk het. Tog weet ons die dood is onafwendbaar.

Pandemies het ’n manier om mense anders na die dood te laat kyk. Dit is asof die virus ’n persoonlikheid aanneem wat ’n persoonlike vyand word. Dit word die onsigbare “pes” wat jou van agter bekruip en oorval.

Mense begin dit op ’n anderse manier as padongelukke of siektes soos kanker vrees. “Ek gee nie om om dood te gaan nie, maar nie aan dié ding nie . . .” hoor ek iemand anderdag sê.

Digters het al met woorde om die dood probeer dans, en komponiste het dit in requiems probeer vasvang.

Digters het al met woorde om die dood probeer dans, en komponiste het dit in requiems probeer vasvang. Dit word ’n soeke na sin, sekerheid en vrede. Vir sommige loop dit uit op fatalisme, ’n oortuiging dat ek ná die lewe opgaan in ’n ewige niks.

“Ek dink, daarom is ek,” het die Franse filosoof René Descartes gesê. As ek ophou dink, geen bewussyn meer het nie, dan bestaan ek eenvoudig nie meer nie.

Ander hou vas aan die oortuiging dat ek nie ’n liggaam met ’n siel is nie, maar ’n siel wat vir ’n rukkie in die liggaam woon (dié siening word dikwels aan die skrywer C.S. Lewis toegeskryf), en dan wel voortbestaan.

My ervaring is dat sterwende gelowiges ook onsekerheid en angs kan beleef. Gevolglik die groot behoefte om hul geliefdes by hulle te hê.

Daarom my innige meegevoel met soveel mense wat in dié dae alleen in hospitale sterf. My pleidooi is daarom dat ons toegelaat moet word om bejaardes meer te besoek.

Tog is my ervaring ook dat mense na aan die dood ’n Goddelike vrede kan ervaar. Dié vrede kan voor en ná die afsterwe van familie en vriende groei.

Paulus kon spot oor die dood, en die vroeë kerk kon grappe daaroor vertel. Mense vra soms snaakse vrae oor die dood. Vir my is die wete dat God daar is, genoeg.

Ons vier tans Pinkster. Mag die troos van die Trooster ’n bron van vreugde vir ons bly, ook in dié donker dae.

  • Dr. Hanekom is direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis.
Meer oor:  Braam Hanekom  |  Dood  |  Sterftesyfers  |  Koronavirus  |  Geloof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.