Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Covid 19-virus is dalk ‘wraak van die ietermagog’
Tony Weaver

Noem dit die wraak van die ietermagog. Die verband tussen die Covid 19-epidemie wat China en nou die wêreld teister, en die verbruik van of kontak met ietermagog-skubbe en -vleis, is een van die stories van onlangse tye wat erg ondergerapporteer is.

Daily Maverick in Suid-Afrika en die Xinhau-nuusagentskap in China het byna gelyktydig oor studies in dié verband berig. Op Daily Maverick het Don Pinnock en Tiara Walters berig oor ’n studie deur navorsers aan die Baylor College of Medicine in Houston, Amerika, en ’n tweede studie deur ’n span by die South China Agricultural University in Guangzhou, China. Die Xinhau-berig, wat sonder ’n skrywersnaam verskyn het, het oor die Chinese studie gehandel.

Dié studies is die soort wat in normale tye feitlik ongesiens verby sou gaan. Maar dit is nie normale tye dié nie. Die Covid 19-virus kan, as dit nie hokgeslaan word nie, ’n wêreldwye pandemie word. Luidens sommige berigte kan die Covid 19-epidemie met die sogenaamde Spaanse griep-epidemie van 1918 vergelyk word, wat volgens Wikipedia “tussen 17 miljoen en 50 miljoen, en moontlik soveel as 100 miljoen” sterftes veroorsaak het. Dis ’n verbysterende 1% tot 5% van die wêreldbevolking van daardie tyd.

Dit is verstaanbaar dat die Wêreldgesondheidsorganisasie die Covid 19-virus tot ’n globale gesondheidsnoodtoestand verklaar het, maar terself-dertyd ook vrese oor ’n globale pandemie op die skaal van die Spaanse griep probeer besweer. Die wêreld is ’n baie ander plek as destyds, en daar is kwantumspronge in gesondheidsorg, wetenskap en tegnologie gemaak.

Terselfdertyd is dit ook ’n baken van hoop vir bedreigde spesies wêreldwyd.

Maar die nuus dat ’n globale gesondheidsnoodtoestand se oorsprong lê by die gebruik of hantering van die nederige ietermagog (eintlik vlermuise, met die ietermagog as ’n oordraer), die soogdier waarmee die meeste gesmokkel word, is verbysterend in sy implikasies. Terselfdertyd is dit ook ’n baken van hoop vir bedreigde spesies wêreldwyd.

Talle vorige epidemies het ook hul oorsprong in diere – Ebola in vlermuise en Ears in die Asiatiese palmsivetkat, byvoorbeeld. Baie (hoewel nie alle) bedreigings vir natuurlewe – en veral natuurlewe in Afrika – kom van die Ooste en die handel in natuurleweprodukte vir hul tradisionele kookkuns en medisinale gebruike. Renosterhoring, ivoor, perlemoen, tier- en leeubene en -kloue, en beergal tel onder dié gesogte produkte.

Maar handel in die ietermagog is veral vernietigend. Ongeveer 1 900 ietermagogs moet doodgemaak word om ’n ton skubbe te produseer. In 2018 is op 48 ton skubbe beslag gelê, die ekwivalent van 91 200 ietermagogs, maar daar is waarskynlik nog baie meer.

China het vinnig op die nuus van die ietermagog-verband gereageer. Op 10 Februarie het die Chinese parlement aangekondig sy wetgewing om natuurlewe te beskerm gaan verbeter word “om die optrede teen die sluikhandel van wildlewe te verskerp”. Xinhua het berig dat die “toesig, inspeksie en wetstoepassing verskerp moet word om te verseker dat die markte vir handel in natuurlewe verbied en gesluit word”.

Die hartseer feit is dat dit ’n globale gesondheidsnoodtoestand verg vir die wêreld se grootste verbruiker van onwettige natuurleweprodukte om tot aksie oor te gaan. Die gelukkige feit is dat daar nou, uiteindelik, hoop is vir die nederige ietermagog.

Meer oor:  Tony Weaver  |  Ietermagog  |  Bedreigde Spesies  |  Covid 19-Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.