Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
CR hoef nie FW te probeer wees
Henry Jeffreys

As ons sekere dele van die Afrikaanse media moet glo, dan moet pres. Cyril Ramaphosa die “moed” van oudpres. FW de Klerk aan die dag lê en die ANC, soos wat De Klerk kwansuis met die ou Nasionale Party (NP) gedoen het, “likwideer”.

Met ander woorde, Ramaphosa moet die land bo sy party stel in die stryd om ons van die korrupsie in en van die ANC te bevry.

Vir die voorstanders van dié teorie lyk dit eenvoudig: Die korrupsie van die ANC is gelykstaande aan die vergrype van apartheid en moet dienooreenkomstig behandel word. Rerig?

Min mense sal verskil dat iets dramaties moet gebeur om die vlaag van die ANC se korrupsie te stuit en dat die ondergang van die regerende party ’n klein prys sal wees om daarvoor te betaal. Dit mag klein wees vir die ANC se kritici, ja, maar dit sal enorm wees vir die party se hordes lojale volgelinge.

Ramaphosa het reeds met buitengewone stappe begin om die ANC tot ’n ommekeer te druk, en die tekens is daar dat hy dalk net suksesvol kan wees.

Ramaphosa het reeds met buitengewone stappe begin om die ANC tot ’n ommekeer te druk, en die tekens is daar dat hy dalk net suksesvol kan wees.

Sy ope brief aan ANC-lede waarin hy geskryf het dat die ANC beskuldigde nommer een in die beskuldigdebank is wanneer dit by korrupsie kom, is deur baie gesien as nie sterk genoeg nie.

Maar kyk gerus hoe het Ramaphosa se teenstanders in die ANC daarop reageer. Sy nemesis, oudpres. Jacob Zuma, het Ramaphosa versoek om opsy te staan, en Tony Yengeni, ’n stoere Zuma-bondgenoot, het gevra dat Ramaphosa moet bedank. Hulle het egter nie veel steun gekry op die pas afgelope vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee nie.

Ramaphosa se kritici het ’n punt beet. Dit is inderdaad ongehoord vir ’n president van die ANC om die party te repudieer soos wat Ramaphosa gedoen het. Dit is dus nie onbillik om hom te vra om op grond daarvan te bedank nie.

Vir baie in die Afrikaanse leefwereld is daar nie ’n groter voorbeeld van politieke dapperheid as De Kerk se opsienbarende besluite in 1990 nie. Volgens hulle sal net ’n soortgelyke gebaar deur Ramaphosa die skaal kan balanseer.

Hulle vergeet gerieflikheidshalwe dat De Klerk nie die einde van die ou NP in gedagte gehad het met sy aankondigings op 2 Februarie 1990 nie.

Hulle vergeet gerieflikheidshalwe dat De Klerk nie die einde van die ou NP in gedagte gehad het met sy aankondigings op 2 Februarie 1990 nie. Inteendeel, hy het moeite gedoen om die party van oranje blanje blou lewendig te hou in die nuwe Suid-Afrika.

Dit is nie regverdig om die uitdagings van Ramaphosa in 2020 te vergelyk met die van De Klerk in 1990 nie.

Die ou NP was die ANC se grootste opposisie in die eerste demokratiese verkiesing van 1994, en het later selfs in die regering van nasionale eenheid gedien. De Klerk het dus gehoop dat hy op een of ander manier by die (demokratiese) stembus aan mag kon vasklou.

Ramaphosa het rede om te glo die ANC kan nog verander en gered word en dat hy ’n rol te speel het in die reddingspoging.

Dit was egter te laat vir die party. Die geskiedenis het hom ingehaal en hy het uiteindelik – ondanks vele, dikwels komiese pogings tot oorlewing – in die geskiedenis weggesypel.

Ramaphosa het rede om te glo die ANC kan nog verander en gered word en dat hy ’n rol te speel het in die reddingspoging. Die ANC is steeds ’n kragtige handelsmerk, mits ’n leier soos Ramaphosa aan die stuur van sake bly. Toegegee, dit is ’n groot mits.

Die gety is besig is om te draai teen die korrupsie van die ANC – teen die korruptes en ten gunste van die goeie ouens soos Ramaphosa.

Ramaphosa moet hou by sy ingeslane koers. Hy moet aanhou om die korruptes in die ANC hardop daaraan te herinner dat hul tyd verby is, en die stryd met hulle aanknoop soos hy nou doen.

Hy moet terselfdertyd verseker dat daar teen hulle opgetree word sonder om onregmatig by die regsprosesse in te meng. Daarvoor hoef hy nie ’n De Klerk te wees nie.

Jeffreys is ’n onafhanklike kommentator.

Meer oor:  Henry Jeffreys  |  Cyril Ramaphosa  |  Fw De Klerk  |  Fw  |  Likwidasie  |  Anc  |  Korrupsie  |  Cr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.