Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
CR-skeptici kyk nou op hul neus
Barnard Beukman

By Beeld kon ons nog nooit werklik meegesleur raak deur die eggo­kamers van die doemprofete oor pres. Cyril Ramaphosa nie.

Ramaforie is vinnig dood verklaar, grootliks omdat hy nie kon hou by ’n wanontleding en uitgedinkte tydraamwerk wat grootliks buite sy politieke werklikheid was nie. Daarna is verklaar dat hy beheer oor die ANC verloor het en ten tyde van die onlangse geweldpleging selfs dat hy “beheer oor die land verloor het”.

Ironies is dit juis omdat die ekonomiese skrif aan die muur is en selfs die harde sosialistiese selfverrykers nie juis ander antwoorde het nie. Die voortgesette raadpleging intern met alliansievennote gaan grootliks ’n simboliese spanpraatjie wees.

Daar behoort genoeg semantiek te wees dat die SAKP en Cosatu met selfrespek deel van die prentjie kan bly as hulle wil. Maar die nuwe momentum gaan hulle nie maklik weer kan keer nie. Byvoorbeeld – die snelgroeiendste en suksesvolste lugdiens in Afrika is Ethiopië s’n. Dit is 100% in staatsbesit, maar die regering mag nie by aanstellings betrokke wees nie en dra nie ’n enkele sent by nie.

Met die uitroei van korrupsie is daar ook vordering gemaak met die tribunaal wat gesteelde geld deur staatskaping moet terugkry.

Dis ook nie asof Ramaphosa en Mboweni – noudat laasgenoemde die plan enkele weke gelede as ’n verrassingsbom bekendgemaak het en dit blitsvinnig (in ANC-terme) deur die kabinet en NUK gevoer is – gaan rondhardloop om beleggers te soek om skuld sonder bestuursbeheer oor te neem nie.

Verteenwoordigers van binnelandse maatskappye vertel hulle is genader vir beleggings in Eskom, maar het dit duidelik gemaak hul eie bestuurskundigheid volg enige sent wat hulle gee.

Met die uitroei van korrupsie is daar ook vordering gemaak met die tribunaal wat gesteelde geld deur staatskaping moet terugkry. Dit gaan die Zupta-bevoordeeldes se rug finaal breek. Ronald Lamola, minister van justisie en Cyril-man, begin sy kant bring.

So, word hier aangevoer Cyril het die interne ANC-magstryd finaal gewen en Eskom se probleme is uitgestryk? Ons is nog ver van so ’n scenario. Maar die afgelope weke was van Ramaphosa en kie se beste. Hulle begin die vrugte pluk van lang en harde skofte agter die skerms, terwyl hulle ook heelwat aanslae van die korrupte donkerkant en handdoekingooiers moes trotseer. En die lentebloeisels van die eerste werklike ekonomiese vertroue begin-begin wys. Nou om dit deur te trek tot oestyd. Beukman is redakteur van Beeld.

* Beukman is redakteur van Beeld.

Meer oor:  Barnard Beukma  |  Cyril Ramaphosa  |  Ramaphoria  |  Korrupsie  |  Ekonomie  |  Politiek  |  Cr-Skeptici  |  Regering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.