Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Cyril, die winde waai wes

‘Keep your whites”. Dit was die advies wat Kenneth Kaunda van Zambië met die onafhanklikwording van Mosambiek aan Samora Machel gegee het. Het iemand dit dalk in Cyril Ramaphosa se oor gefluister? Sy kuiertjie saam met Bolandse wynboere op Stellenbosch het my daaroor laat wonder.

Johan van Wyk

Wat het hulle tydens die gemeensame kuiertjie gedrink? Dalk Allesverloren? Destyds is mos vertel dis wat voorgesit is die aand op Stellenbosch toe FW de Klerk die kat uit die sak (sy planne vir die nuwe Suid-Afrika) gehaal het voor sy kamerade in die Nasionale Party. Ek het nog nie Allesverloren geproe nie, ek hou maar by Vaaljapie, maar hulle sê dit laat ’n smaak in jou mond wat jy nooit vergeet nie.

Ongelukkig het Machel toe nie Kaunda se goeie raad ter harte geneem nie. Die wit mense het met die klere aan hul lyf uit die Portugese kolonies gevlug en Mosambiek het intussen die armste land in Afrika en een van die armste ter wêreld geword.

Wat my nou laat wonder of Kaunda ook die goeie raad vir Robert Mugabe van Zimbabwe gegee het. Soos die versukkeling daar soos hare op ’n hond groei, klaarblyklik nie.

Dit alles moes Kaunda baie hartseer gemaak het. G’n wonder hy het altyd so ’n groot, wit sakdoek in sy hand gedra nie. Sy trane het vlak gelê. Hy’t mos sommer so in die gesels aan ’t huil gegaan. Hy had rede.

Maar hy is nie alleen nie. Ek dra lankal ’n groot wit sakdoek met my saam. Jy kan my net skeef kyk, dan loop die trane. Toe my vrou my pas meegedeel het dat haar maandelikse toelaag verdubbel moet word, het ek in trane uitgebars.

Maar elke donker wolk het ’n silwer randjie, die witste lelie groei in die swartste modder en as die nood op sy hoogste is, is die uitkoms op sy naaste. Hoeveel keer het ek dit nie tydens groot droogtes in die noordwestelike Karoo gehoor nie! Veral op bidure vir reën toe mense nog daaraan geglo het.

Soos die Jood gesê het kan hy traai, maar ek dink die wind waai wes daarvoor.

Al het die Jood vir die boere op pad om vir reën te gaan bid, gesê: “Julle kan traai, maar die wind waai wes!”

Ek het daaraan gedink toe ek lees Ramaphosa het die wynboere op Stellenbosch vertel hy wil jong, wit mense wat wil padgee, so graag in Suid-Afrika hou dat hy hulle selfs aan bome sal vasmaak om te keer dat hulle vir Perth pak. Soos die Jood gesê het kan hy traai, maar ek dink die wind waai wes daarvoor.

Ons is nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie. Ons weet ook dat jy nie wolf skaapwagter maak nie. Ek stem dus vir die party wat my munisipale afvalhouer binne ’n dag vervang en my foutiewe waterrekening ook binne ’n dag met R3 500 gekrediteer het.

Meer oor:  Johan Van Wyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.