Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Cyril droom –waar is kerk se verbeelding?

Die kerk moet sy verbeelding sterker maak. So sterk dat hy hom kan verbeel dis beter om mense in te sluit as uit te sluit. En dat dit beter is om een kerk te wees as twee wat vir mekaar se swak punte loer.

So sê Dirkie Smit.

Christina Landman

Weet jy dalk nie wie hy is nie? Hy was ’n professor in teologie aan die Universiteit Stellenbosch. Nou gee hy klas aan Prince­ton in Amerika. Hy is ook bekend daarvoor dat hy die Belydenis van Belhar geskryf het. Dis nou die Belhar-belydenis wat glo maak dat die wit NGK en die bruin/swart VGK nie kan verenig nie. Hoewel Smit sê: “ ’n Belydenis kan nie onenigheid veroorsaak nie, maar dit net blootlê.”

En dis nou vir hierdie vereniging wat die kerk verbeelding nodig het. Ons het verbeelding nodig om ons sekuriteitjies uit te oorlê. Ons moet verbeeldingryke paaie kry om mekaar halfpad te ontmoet, om saam verder te vlieg.

Sê nou maar net die NGK kan hom indink om sy kultuur en identiteit te verbreed. En die VGK kan hom verbeel dat die NGK ook kan (en wil) Afrikaniseer. Dan kan ons saam oor die hele Suider-Afrika vlieg.

Sê nou maar net gemeentes kan aanvoel hoe om vaardig te word in al die dinge waarmee ons mense gewoonlik uitsluit: konflik, MIV, gay wees, enkel wees.

Sê nou maar net ons begin ’n aanvoeling vir die duiwel ontwikkel en besluit om pastoraal na hom uit te reik. Of hy nou die boosheid in jou is, of ’n bose gees, of ’n man met ’n vurk daarbuite, ’n mens kan tog die skade wat hy jou aandoen, wegmaak sonder om jou vyand by sy naam te noem.

Maar nou terug by kerkeenheid: ’n Mens kan nie net oor eenheid droom nie. Eenheid beteken niks sonder die ander twee elemente wat die Belhar-belydenis noem nie: versoening en geregtigheid.

Daar was tye toe ons ook oor ’n groot blink stad met goue strate gedroom het, die nuwe Jerusalem.

Die bedoeling is nie dat jy jou moet verbeel dat ons versoen is en onsself moet mislei dat ongeregtigheid nie meer bestaan nie. Die belydenis sê: Jy kan net ’n eerste treetjie met eenheid gee as jy hande vat met versoening – en dit beteken om tuis te voel by mekaar. En as jy die onreg sien wat ons mekaar steeds oor en weer aandoen, soos dat die een kerk sy geboue verkoop sonder om die ander daarin te ken.

Dit het al dikwels in die verlede gebeur dat die NGK en die VGK wou verenig sonder om te versoen of onreg raak te sien.

En dit is nou die ding. Jy kan nie jou verskille hanteer as jy nog nie een met mekaar is nie en voordat jy nie simpatie het met mekaar se omstandighede nie, gaan jy nie tuisvoel by mekaar nie. Aanvoel is tuisvoel.

Daar was tye toe ons ook oor ’n groot blink stad met goue strate gedroom het, die nuwe Jerusalem. En nou is dit net Cyril wat daaroor droom. En ons sit droëbek met verbeeldinglose kerke wat hulle nie die opwinding van saamwees kan indink nie.

  • Landman is professor in teologie aan Unisa en ’n dominee in die VGK.
Meer oor:  Pres. Cyril Ramaphosa  |  Kerk  |  Drome  |  Droom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.