Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Cyril is soek, begin nou met lojale verset
Charles Smith

Al hoe meer mense begin dit hardop sê: Ons land is by ’n kruispad. Ons kan nie nog ’n jaar in die hel van geweld, onbekwaamheid, korrupsie en staatskaping oorleef nie.

Dit is duidelik dat die kanker van die Zupta-Ace-plundery en die TB van die ANC se Marxisme­ besig is om die land vinnig dood te maak. Al wat moet gebeur, is om dié siektes met flou medisyne te beveg.

Elke maand moet gesinne besluit wat hulle nie meer kan betaal nie: krag, water, skoolgeld, siekefondse en polisse om af te tree. En luukses soos uiteet en vleis word geskrap.

Hoe siek die land is, is duidelik in die voorbeeld van die Mangaung-metro. Staatskapers wat tot agt luukse voertuie ry – gekoop met korrupte kontrakte – en ’n onnodige metropolisie wil stig wat R240 miljoen per jaar kan kos, begin 400 skole se water afsny wat nie R212 miljoen se skuld kan betaal nie. Baie van die duisende arm kinders kry slegs goeie water by die skool.

Dit is soveel geld wat Ace vir die Gup-tas gegee het met die Vrede-skelmstreek.

As die laaste geld uit die metro’s en staatsinstellings gesteel is, gaan die ANC kom vir boere en hul plase.

As die laaste geld uit die metro’s en staatsinstellings gesteel is, gaan die ANC kom vir boere en hul plase. Onteiening is so te sê deur-gevoer.

Boere gaan miljoene moet kry om hul grond met lang hofsake te behou – geld wat niemand het nie. En die kamerade met die Mercs weet dit goed. Soos Jacob Zuma gaan hulle hofsake teen jou voer met staatsgeld wat jý met belasting betaal.

Met die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) voor die deur, gaan jy oor ’n jaar of twee sukkel om ’n dokter van jou keuse te sien. Baie dokters gaan oorsee praktiseer. Miljarde gaan gesteel word en die administrasie gaan ’n nagmerrie wees.

Die vraag is: Wat ons gaan doen?

Gaan ons wag tot die eerste boere afgeskop word van plase voor ons begin praat? Gaan ons wag tot kinders sterf omdat daar nie dokters beskikbaar is nie? Dit gebeur reeds met die staat se plan vir staatspasiënte in staatshospitale.

Ek is bekommerd oor ons vermoë om saam te staan en saam te dink. Georganiseerde landbou sal iets drasties moet doen om met groot instansies onteiening in die grondwethof te toets. Maar belangriker: Ons sal met buitelandse hulp ’n alternatiewe boerderymodel moet skep om swart boere op plase te vestig. Dit doen Graan SA al lank.

Wit boere sal moet besef hul oorlewing in die land gaan ook afhang hoe hulle die model gaan maak werk.

Elke swart boer wat suksesvol boer, gaan help dat ons seuns ook kan boer op plase waar ons oupas en grootjies se grafte is.

Ons sal moet begin met ’n model van lojale verset, een gegrond op nugterheid, diens en ’n besliste teenstand teen bose planne om die land finaal te laat sink. Want Cyril is nêrens nie, terwyl sy kaders plunder.

Begin moue oprol om te red wat te redde is.

Meer oor:  Charles Smith  |  Korrupsie  |  Water  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.