Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Cyril kort ’n ‘Dutchman’ met durf in kabinet

Ek is seker pres. Cyril het laas naweek een oog op die krieket gegooi terwyl hy sy ander oog op kamerade Mabuza en Ace se pokerhande op die ANC se konkelberaad gehad het.

Charles Smith

Die president moes ook al ’n patroon tussen ons krieket en die land gesien het, want hoe anders het hy ’n dag ná die Proteas se vrot vertoning in die Baai ’n verklaring uitgereik dat net mense wat geskik is voortaan in poste aangestel gaan word?

Jy sien al hoe kyk hy hoe Zubayr­ Hamza in- en terugstap – en die meeste van die kolwers ná hom soos eendjies in ’n ry – en hy na Ace kyk en dink: “Kan ek dié perd op nommer drie vertrou? Kan ek enigiemand in dié span vertrou om hul moue soos daardie ‘proper Dutchman’ (die kolfafrigter Charl Langeveldt) op te rol en vir die land te kolf?

“Gwede, ek besef skielik wat fout is in die land. Ons kort ’n proper Dutchman soos daardie outjie . . . Anrich Nortjé. Dink as één van die kamerade hul hakke inslaan en hul werk doen watter verskil dit gaan maak?”

Yes, chief. Ek stem. Maar nee, ons het geen Dutchman in ons span nie. Want wat sal Ace en die vakbonde sê?”

CR het ná ’n bepeinsing oor die ANC-beraad en die derde toets teen Engeland Sondagaand ’n eureka-oomblik bereik en in sy nuusbrief geskryf: “Ons is verbind daartoe om die praktyk te beëindig van swak gekwalifiseerde mense wat in gesagsposisies aangestel word weens hul politieke verbintenis. Daar behoort gevolge te wees vir amptenare wat nie hul werk doen nie.”

En vir krieketamptenare. En die kolwers, in watter sport en bestuurspan hulle ook al kolf, kon hy byvoeg. Die oud-Proteas het in Krieket SA se bestuur ingegryp, maar iemand het klaarblyklik gedink Graeme Smith, Mark Boucher en Jacques Kallis gaan weer kolf. Dit help nie jy maak bo skoon en onder is net te min vaardigheid nie, moes Cyril besef het. Al ons goeie spelers speel in Engeland of Australië.

As ons maar net soos Rassie gemaak het,” moes CR hardop gedink het.

Die Proteas sou Engeland laat vou het met Duanne Olivier as koppesneller (wat Pakistan laat bloei het), Kyle Abbott as swaaibouler wat die Aussies in Au­stralië geknak het, AB de Villiers (wat gewaai het oor politieke inmenging) en die draaiko­ning Simon Harmer. Almal is weg vir meer sekerheid en geld – soos duisende Suid-Afrikaners wat weens die ANC se vrot bestuur en misdaad waai.

“As ons maar net soos Rassie gemaak het,” moes CR hardop gedink het. “Kry die beste, grootste, taaiste en bestes en brei hulle in ’n hegte eenheid en vermorsel die Engelse!”

“?’Skuus, kameraad-chief. Ons moet die Boere wegjaag en hul plase vat, nie nader trek nie . . .” sou Ace met ’n lang gesig sê.

“Nonsens! Ons kort ’n Boer. ’n Proper Dutchman. Iemand met ruggraat. Iemand met durf. Dis wat ons kort. Wie het Rassie en Johann Rupert se nommers? Dis tyd vir aksie!” ) Smith is Volksblad se nuushoof.

Meer oor:  Charles Smith  |  Standpunt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.