Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Cyril krap kaarte van opposisie om
Gert Coetzee

Almal ken Suid-Afrika se probleme onder die ANC, maar wat is die oplossing? En wat hou die toekoms vir dié party en die land in?

Vir ’n getroue navolger van nuus boei die lees van politieke ontleders en skrywers se menings. Dit is interessant om te kyk wat hulle as bakens of barometers gebruik en – met die wysheid van nawete – hoe naby hulle aan reg is.

Meestal strook die projeksies.

Ook onlangse stukke oor die ANC onder Cyril Ramaphosa sluit tematies by mekaar aan; al is dit nie bewustelik nie, maar omdat dit op die spoor van die nuus tematies verbind is en oor die belang van Suid-Afrika gaan.

In literêre kommunikasie heet dit in-tertekstualiteit as stukke met mekaar “praat” en só tot tematiese eenheid by-dra. Ook só dra die politieke ontleders se narratief by tot die uitskarnierdery van geprojekteerde waarhede oor die toekoms – natuurlik nie trefseker nie, want niemand het ’n kristalbal nie.

Maar die ywerige leser leer geloofwaardige realisme ken.

Maar die ywerige leser leer geloofwaardige realisme ken.

Hier is ’n gereduseerde parafrasering van vier menings wat die ANC-draad naspoor. En ’n poging om te kyk hoe dit by mekaar aansluit.

Tim du Plessis (onlangs in Beeld “die eietydse kommentaar-doyen” genoem”) se “Redder op ’n wit perd? Nee. Hoop? Ja” (Rapport, 23.08): Cyril is nie dié redder nie, maar die ANC gaan nog lank in beheer bly. Die “lang ant-woord” moet begin by verandering van die politieke klimaat. Dit gebeur al en kan versnel met 2021 se munisipale ver-kiesing. As die gevoel loop die ANC begin die politieke verhoog verlaat, kan dit ’n nuwe dinamiek stu wat nuwe politieke formasies en koalisies insluit.

’n Demokratiese regime-verandering kom nie altyd deurdat die opposisie die mag verower nie, maar dikwels deurdat die regerende party dit afstaan.

R.W. Johnson in “Cyril Ramaphosa: ’n Middelmatige man” (Rapport, 23.08): Die rassistiese houdings wat opbloei onder swart en wit mense spruit uit voortdurende, katastrofiese mislukkings van die ANC. Die rassisme gedy weens onrealistiese verwagtings.

Ramaphosa is nie ’n genie, wonderkind of bewese sakeman nie.

Ramaphosa is nie ’n genie, wonderkind of bewese sakeman nie. Soos elke Afrika-leier het hy beloof om korrupsie uit te roei, maar nie een bedoel dit nie.

Dit is merkwaardig dat so ’n gemiddelde man dit sonder ’n strategie (buiten om almal om die tafel te kry) dit tot bo gemaak het. Hy wou net die mag hê.

Oor die ekonomie dobber hy koersloos rond. Ons moes niks anders verwag het nie en dus nie teleurgesteld wees nie.

  • J.P. Landman, politieke en tendens-ontleder, in “Corruption, August 2020” (op sy webtuiste): Hy neem bestek van wat die staat en sy instellings onder Ramaphosa téén korrupsie vermag. En toon – as onderskeid tussen staat en party getref word – dat Ramaphosa die staat op ’n nuwe trajek geplaas het. Die ANC moet nou dieselfde doen.
  • Prof. Pieter Labuschagne, Unisa, in “Sal ANC die volgende verkiesing wen?” (Netwerk24, 19.08) pas die Licht-man-metode (lees daaroor in sy artikel) aan met vrae wat ANC-gerig is. Die kort antwoord: Die ANC sal weer wen, al is dit met ’n klein meerderheid, as ’n verkiesing binne die volgende drie maande plaasvind.
  • Alles bly waar. Al was dit vóór Ramaphosa se NUK-parade Maandag. Sy ANC-greep is stewiger – ook dalk vir ’n tweede termyn. Al stem jy nie vir die ANC nie, is dit vir eers ons regering. In konteks en vir ons realiteite – wat altyd korrupsie insluit – is Ramaphosa se groter houvas goed. Daar is begrip vir skeiding van én wisselwerking tussen staat en party. Sy beloftes oor optrede teen korrupsie, ’n kleiner kabinet en stewiger staatsdiens maak skuld. Tog krap hy opposisie-kaarte deurmekaar.
Meer oor:  Politiek  |  Gert Coetzee  |  Stemme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.