Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Cyril se hande ook nie skoon

As ’n mens na die politieke tsaars van die ANC se bergpredikasies luister, skeel Verkiesing 2019 hulle min. Hulle weet die ANC gaan die verkiesing wen. Die enigste vraag wat nog nie geantwoord kan word nie, is hoe groot die ANC se meerderheid gaan wees.

Kom ons wees nou maar eerlik: Daar is geen versekering dat die arrogante regerende party by die stembus uitgesorteer gaan word nie.

Pas weer is in ’n Markinor-peiling bevind die ANC sal in 2019 weinig minder stemme kry as in die vorige algemene verkiesing. In die peiling is bevind dat die ANC 61% van die stemme op hom kan verenig, wat maar 5 persentasiepunte van die magiese tweederdemeerderheid is – in weerwil van sy arrogansie.

Maar hoe stem jy vir ’n party wat verantwoordelik is vir die Eskom-krisis? Wat jou in stikdonkerte laat en die masjiene van nywerhede tot stilstand laat knars? Gewone Suid-Afrikaners wat nou met kerse en olielampe moet sukkel, voel verkul deur die demokrasie.

Die gebrekkige onderhoud aan infrastruktuur strem die land se groei en ontwikkeling. Telkens wanneer ’n kragonderbreking voorkom, moet ons hoor dis verouderde kabels, skakelaars of transformators se skuld.

Wie moes gesorg het dat daardie goed in stand gehou en opgegradeer word? Vir seker nie die mense wat 25 jaar gelede die politieke mag afgestaan het nie.

Hoe stem jy vir ’n party wat hul oë toegeknyp en toegelaat het dat die Guptas vrot en goedkoop steenkool aan Eskom lewer en miljoene rande daarvoor betaal word?

Hoe stem jy vir ’n party wat hul oë toegeknyp en toegelaat het dat die Guptas vrot en goedkoop steenkool aan Eskom lewer en miljoene rande daarvoor betaal word, want hulle het nie net ruim tot die geldkoffers van die ANC bygedra nie, maar ook sommer ministers aangestel en afgedank.

Fikile Mbalula het voor die Zondo-kommissie erken aanvanklik het nie een van die ANC se NUK-lede hul mond oopgemaak nie, want hulle was bang vir Jacob Zuma. Zuma, die deurtrapte populis wat nie geskroom het om die sloophamer in te lê teen die fondamente van lewensbelangrike instellings van die jong demokrasie nie.

En dit was nie asof Cyril Ramaphosa op ’n ander planeet was toe hierdie liederlike magsvergrype gebeur het nie. Nee, hy het aan die regterkant van Zuma gesit. Hy het presies geweet wat aangaan en kan allermins sy hande in die skottel van onskuld was.

So, as hulle so hoog opgee oor die kollektief, dan is Ramaphosa mos ook net so aandadig aan hierdie erge magsvergrype.

Die ANC is lief om te praat van ’n kollektief. So, as hulle so hoog opgee oor die kollektief, dan is Ramaphosa mos ook net so aandadig aan hierdie erge magsvergrype.

Die gemaklike oorwinnings die afgelope twee dekades in die algemene verkiesings het die ANC-in-regering lui gemaak. Dis te maklik om terug te val op die argument dat die wil van die meerderheid kiesers geskied het.

Laat dit maar bruut gesê word: Ons het ’n gevaarsone betree. As ’n party eers diewe en spekskieters hoog op hul verkiesingslys het, wys dit net weer dat hy sy morele kompas verloor het.

Dié wat glo dat daar ’n katarsis in die ANC was toe Ramaphosa oorgevat het, is ’n bietjie ooroptimisties, want dis duidelik dat Ramaphosa nog nie al die Zuma-gif uit die ANC getrek het nie. Die party is verrot van binne weens faksievorming, takke wat in ’n ellendige toestand is en lede wat glo ’n ANC-lidmaatskapkaart is ’n paspoort tot selfverryking en toegang tot openbare hulpbronne.

Dis duidelik dat die ANC die spoor heeltemal byster geraak het.

Voel mense nog om vir so ’n party te stem wat hulle uit hul broeke uit bedrieg het?

Besluit maar self.

) Maarman is eindredakteur vanDie Burger, susterkoerant van Volksblad.

Meer oor:  Johann Maarman  |  Korrupsie  |  Guptas  |  Steenkool  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.