Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Cyril se son skyn, wyl ANC se aansien kwyn

‘Statesman, yet friend to truth! of soul sincere, in action faithfull, and in honour clear; Who broke no promise, serv’d no private end, Who gain’d no title, and who lost no friend.”

Dié versugting van die Britse satiriese skrywer Alexander Pope (1688-1744) is 274 jaar ná sy dood steeds geldig. Veral nou in Suid-Afrika.

In die donker tye van Jacob Zuma se bewind van selfverryking was een van die groeiende temas die aftakeling van Nelson Mandela se erflating. En dit is steeds aktueel onder groot dele van ’n nuwe geslag wie se institusionele geheue meermale beperk is tot die jongste gier op sosiale media.

Pres. Cyril Ramaphosa het vandat hy die ANC-leierskap oorgeneem het, die 100ste herdenking van Mandela se verjaardag aangegryp as rede om dié ikoon se deugde weer ’n sentrale tema in Suid-Afrika te maak.

Die nuwe hoop wat hy vir Suid-Afrika gebring het, is merkbaar en dit lyk asof hy vasbeslote is om sy moue op te rol en ’n verskil te maak, het Obama hom geloof.

Midde-in al die lofprysinge oor Mandela, ook in die merkwaardige toespraak deur oudpres. Barack Obama van die VSA in Johannesburg, het die kollig ook op Ramaphosa geval.

Die nuwe hoop wat hy vir Suid-Afrika gebring het, is merkbaar en dit lyk asof hy vasbeslote is om sy moue op te rol en ’n verskil te maak, het Obama hom geloof.

Vir Ramaphosa sou dit ’n welkome lafenis wees ná ’n klompie weke waarin negatiewe sentiment teen hom onder allerlei ontleders hoogty begin vier het. Dít oor al hoe ernstiger probleme in die ANC met ondoeltreffende dienslewering, die ekonomiese werklikheid vir verbruikers en gepaardgaande gewelddadige onrus.

Max du Preez het trouens in sy Dinsdag-rubriek gemaan dat die “kommentariaat” te maklik in die depressiekoor sing. Hy meen ontleders se taak is om die geraas te ignoreer en die substansie te gaan soek.

Vir die Ramaphosa-bewonderaars moet dit soms voel of hy water trap.

“Ons moet kalm bly en die politieke tsotsi’s ignoreer,” voer hy aan en wys daarop dat die vrugte van nuwe leierskap nie oornag gaan ryp word nie in ag genome die omvang van die skade van die Zuma-era.

Vir die Ramaphosa-bewonderaars moet dit soms voel of hy water trap. Die een oomblik raak hy ontslae van Supra

Mahumapelo as Noordwes-premier, die volgende oomblik word ’n ANC-amptenaar as beweerde transitorower onthul.

Ramaphosa se reaksie op die Ipsos-peiling – dat die ANC danksy hom weer die 60%- steunvlakke raak – is dat Suid-Afrikaners hul “liefdesverhouding met die ANC hervat het”. Dis waarskynlik digterlike oordrywing en daar is reeds vrae deur byvoorbeeld die navorser Gareth van Onselen oor die geldigheid van die peiling se bevindings. Tog sal Ramaphosa & kie krampagtig daaraan vasklou, al is net die tendens eerder as die omvang waar.

En dis juis in die ANC waar Ramaphosa se grootste uitdaging steeds lê. Die verrotting van korrupsie wat daagliks in die organisasie en sy regeringsmislukkings onthul word, is nou die politieke platform waarop hy sy nuwe era van daadwerklike hoop moet bedryf.

Die destydse NP het die spreekwoordelike ysberg reeds in die 1970’s met die inligtingskandaal onder John Vorster getref. Maar die beheer oor staatsbronne het die momentum vir oorlewing verskaf, wat nog etlike dekades van regering moontlik gemaak het.

So, al is die ANC selfs deur Ramaphosa nie meer te redde nie, sal hy dit waarskynlik (die tyd sal leer) nog vir twee en ’n half ampstermyne drywend kan hou. Al is dit soms net-net.

Meer oor:  Barnard Beukman  |  Cyril Ramaphosa  |  Presidentskap  |  Mandeladag  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.