Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
DA-leiers nêrens te sien in stryd
Rapule Tabane

Die terugkeer van die ANC na die regering van Johannesburg is nie juis met fanfare begroet nie.

Die redes lê voor die hand: Die skade wat die ANC die stad sedert 1994 berokken het, is duidelik sigbaar. Voorts is daar die bewerings teen Geoff Makhubo, die nuwe burgemeester, dat hy as lid van die burgemeesterskomitee oor finansies voordeel getrek het uit ’n kontrak van R30 miljoen wat die stad toegeken het. Die ervaring onder Herman Mashaba, wat hom nie deur partyprotokol aan bande laat lê het nie, dra ook by tot die ontgogeling.

Nadat die ANC die metropole Johannesburg, Tshwane en Nelson Mandela in 2016 verloor het, lyk dit of hy dit sonder enige inset van die kiesers gaan terugvat. Die verandering van leierskap is grootliks te wyte aan die brose aard van koalisiepolitiek. Destyds het die DA en die EFF ’n enkele doelwit gedeel: om die ANC in 2016 te ontsetel. Sedertdien het alles verander en nou sien hulle elkeen om na hul eie belange.

Maar ons moet aanvaar dat hulle van meet af aan onwaarskynlike bedmaats was. Hulle is ideologies ver van mekaar verwyder. Dit lyk voorts of die liberale puriste wat onlangs na die DA teruggekeer het, nie vir ’n alliansie met die EFF lus was nie.

Terwyl ons die nuwe burgemeester betreur, moet ons onthou hoekom Johannesburg skielik burgemeesterloos was.

Terwyl ons die nuwe burgemeester betreur, moet ons onthou hoekom Johannesburg skielik burgemeesterloos was. En die rede is die DA. Die nuwe leierskorps onder Helen Zille en John Steenhuisen het nie die moeite gedoen om Johannesburg die afgelope twee weke te besoek om met onderhandelinge te help om hul party aan die bewind te hou nie. In teenstelling het die ANC sy sekretaris-generaal, Ace Magashule, en ander lede van die nasionale uitvoerende komitee afgevaardig vir onderhandelinge om ’n sege te verseker.

Dit behoort lig te werp op die nuwe DA-leierskorps se prioriteite. Ja, Herman Mashaba het uit vrye wil bedank, maar dit was omdat hy geweier het om hom met Zille se omstrede oortuigings te vereenselwig dat ras nie meer as ’n maatstaf van benadeling mag tel nie. Sy het ook gespog dat sy nie, soos voorheen, swart mense vir die party se leierskorps gaan bevorder nie. Dit is ’n ommekeer in die koers wat die DA die laaste paar jaar ingeslaan het.

Mashaba het gesê hy het gevoel die nuwe DA-leierskorps sou die alliansie wat hy gelei het, self in duie laat stort het.

Mashaba het gesê hy het gevoel die nuwe DA-leierskorps sou die alliansie wat hy gelei het, self in duie laat stort het. “Zille se verkiesing as voorsitter van die federale raad is ’n sege vir mense wie se oortuigings en waardestelsels lynreg verskil van myne – en myns insiens van dié van die meeste Suid-Afrikaners van alle agtergronde. Ek kan my nie versoen met mense wat in 2019 glo ras is irrelevant in die bespreking van ongelykheid en armoede nie,” het hy gesê toe hy bedank het.

Hy het bygevoeg hy is deur sommige lede van die DA-koukus gekritiseer omdat hy glo arm mense, wat 25 jaar ná die beëindiging van apartheid steeds geen basiese dienste het nie, ten koste van meer welvarendes geprioritiseer het.

Ek weet nie wat die nuwe DA-leierskorps se plan is nie, maar ek verstaan nou hul kritici wat sê hulle is tevrede solank hulle Kaapstad en die Wes-Kaap beheer. Tshwane se DA-leierskorps is ook by die punt van ineenstorting, maar ek sien geen dringendheid by die nasionale leierskorps om dit te voorkom nie. Ek het voorheen gesê ek reken hulle sal tevrede wees solank hulle die regte liberale waardes artikuleer en “beginselvas” is.

Maar ek sien nie dat hulle Suid-Afrikaners help deur in die afsienbare toekoms die regerende party uit die kussings te lig en ’n alternatiewe regering te skep nie. Ons sal dus meer van dieselfde regering hê, met ’n “beginselvaste opposisie”.

Meer oor:  Rapule Tabane  |  Gauteng  |  Johannesburg  |  Burgemeester  |  Stryd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.