Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
DA moet besin oor sy kiesplan

As die “ander grote” in die arena gaan die DA deur baie kiesers as alternatief vir die ANC oorweeg word.

Die party het die afgelope dekade sterk gegroei, ook in diversiteit, en betrokke geraak by metro­regerings buite die Wes-Kaap. Die hoofkantoor is na Gauteng verskuif en sowat 70% van die verkiesingsgeld word hier gebruik.

Barnard Beukman

Van die punte in die party se manifes is ekonomiese groei en werkgeleent­hede. Maar ook hoe immigrante die land sonder ’n behoorlike plan binne­stroom.

Daar was afkeur by sommige toe Herman Mashaba, DA-burgemeester van Johannesburg, oor immigrante begin stemming maak het. Maar die manier waarop hul mededinging om skaars bronne reeds sukkelende Suid-Afrikaners se lewe verder ondraaglik maak, beteken stembuspunte. Die DA is ook teen grondwetlike veranderinge vir onteiening van grond sonder vergoed­ing. Sy navorsing wys glo dit is nie so ’n brandende kwessie vir swart mense soos wat baie voorgee nie.

Een van die mees onderskatte politici in ons land is juis Mmusi Maimane. Hy is beslis gereed om met nugter sentristiese denke in die swaargewig­klas te boks. Daar sou noodwendig robuuste groeipyne wees om vinnig te groei met hoofstroom- wit, swart en bruin mense in een party – wel onder een beleidsvaandel, maar uit heeltemal verskillende verwysingsraamwerke. Voeg daarby ’n voorganger in Helen Zille, wat soms die kluts heeltemal kwytraak, en ’n egosentriese Patricia de Lille, wat in enige party amok sou maak.

Wat baie ontleders ook nie verstaan nie, is dat van die mag in die DA in strukture buite die parlementêre koukus gesentreer is. Amper soos Jeremy Corbyn, leier van die Britse Arbeidersparty wat ’n mosie van wantroue onder LP’s gekry het, maar toe ’n ledestemming oorleef het.

Die DA moet duidelik nog deeglik gaan besin oor sy verkiesingsplan en wie hy met watter boodskap wil bereik.

Juis daarom kon die faksies wildehondagtige beroepspolitici nie veel hond haaraf maak teen Maimane nie en sit hy stewiger in die saal as wat alge­meen aanvaar word.

Daar is toenemend uitgesproke kommer onder DA-leiers dat hulle hulle vasloop teen “ons wil eerder vir Cyril Ramaphosa sterk hou en ANC stem”. Dit is natuurlik ongeldig, maar is ’n punt vir ’n ander dag.

Nou lyk dit asof die reaksie is om die president toenemend aan te val. Dit is ’n swak strategie wat min vrugte gaan afwerp.

En kan juis in die hande speel van diegene wat meen dat ’n stem vir die ANC Ramaphosa versterk. Hy vaar meestal goed in sy amp en is beslis nie die swak plek in die ANC se mondering nie.

Die DA het sterk gesteun op minder­heids­groepe se stemme om die ANC in die Tshwane- en die Johannesburg-metro tot ’n val te bring. Dat Solly Msimanga, DA-premierskandidaat, nou groot lofredes het vir Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, dui op ’n algehele toondoofheid teenoor baie kiesers.

Geen ANC-politikus het meer gedoen om menseverhoudinge te skaad as dié uitgesproke lid van die komitee van verlange dat Julius Malema hom weer by die ANC moet aansluit nie. Sy Overvaal-nederlaag in die howe was nadat hy onderwysverhoudinge erg geskaad het.

Die DA moet duidelik nog deeglik gaan besin oor sy verkiesingsplan en wie hy met watter boodskap wil bereik.

Selfs in provinsies soos die Vrystaat en Noordwes waar die ANC ’n oorwel­digende meerderheid het en dit vir erge korrupsie misbruik het, sal kiesers wil weet aan wie hulle hul stem moet toe­vertrou om ’n verskil te maak en sal hulle ook aandagtig op die uitkyk vir die beste alternatief wees

  • Beukman is redakteur van Beeld.
Meer oor:  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.