Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Lood se praatjies
DA moet onthou: Belofte maak skuld

DA moet onthou: Belofte maak skuld

Die DA het die komende naweek sy federale kongres. Die voorstel in die dik blou boek vol kongresmosies wat Lood se aandag getrek het, is dat die kabinet van 37 ministers tot 15 verminder word.

Inderdaad ’n sinvolle voorstel, maar die DA moet onthou: Belofte maak skuld. En as die party ooit deur ’n koalisie of volstrekte meerderheid aan die bewind kom, gaan Mmusi Maimane agterkom minder ministers is nie so maklik nie. Beroepspolitici soek poste en ampsmotors, en hoe meer ministers, hoe meer faksieleiers – en dit kan ’n party beloon en aan boord hou.

Die federale kongres is by uitstek ’n geleentheid vir die DA om te hergroepeer en te wys die party is die regering in afwagting waarop hy roem. Politieke straatgevegte met vooraanstaande leiers, soos Helen Zille en Patricia de Lille, en die Kaapse waterkrisis het die party geskaad. Dis nou Maimane se geleentheid om te wys hy is inderdaad ’n president in afwagting.

Lyste-seisoen het begin

erwag dat die binnegevegte in alle politieke partye intensief gaan toeneem. Die seisoen vir kandidatelyste het aangebreek en dit is die ongenaakbaarste ba­kleiery van ons hele politieke proses. Geen sittende LP is seker van sy pos nie en moet van voor af ’n pad oopveg met hordes aspirante wat ’n sitplek soek.

Gerugte dat die ANC die verkiesing moontlik wil vervroeg, is net olie op die vuur vir ons beroepspolitici.

Persone van die week

RAAKVATTER: Nhlanhla Nene. Hy het openbare ondernemings op ’n lys geplaas wat dit aandui as rooi, oranje of groen. Die groen lys gaan beslis leeg wees as dit beteken “alles is in orde”. Kom ons wag en kyk.

NAT VADOEK: Julius Malema, EFF-leier, of is dit eerder rasieleier? Sy mislukte poging om Athol Trollip as burgemeester van Nelson Mandelabaai te ontsetel het sy politieke plafon blootgelê.

Sommige moedswillige lesers wil nou maar net nie vergeet van Jacob Zuma se herhaaldelike verwysing na die aankoms van Jan van Riebeeck op 6 April 1652 nie, sy datum waarop alle ellendes vir die land begin het. Lood is oorval deur diegene wat nou daarop wys dit is ironies dat Zuma se hofsaak juis op 6 April begin. “Jan van Riebeeck land op 6 April 1652 in die Kaap en Zuma se skip begin op 6 April 2018 sink,” skryf Sandra DeRoubaix van Hoedspruit.

Sandra se koffiebeker is reeds op pad Hoedspruit toe. Stuur bydraes na lood@beeld.com of SMS dit na 45571 met die woord Lood vooraan om ook ’n beker te wen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.