Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
DA se soeke na vraag, aanbod

Die demokrasie vereis ’n opposisie, lui ’n spreuk. En ’n ander: Die kuns van opposisiepolitiek is om beloftes te maak wat die bewindsparty nie kan nakom nie.

Gert Coetzee

Dit speel ook uit in Suid-Afrika waar sonder die wigte en die teenwigte van opposisiepartye die stand van die land veel hagliker sou wees. Anders is in wisselende demokratiese regerings, soos in Brittanje of die VSA, is die opposisie hier se dilemma die ANC se volslae meerderheidstem – en dat hy sy sin kry, hoe onregmatig ook al.

Terwyl die ANC volslae aan die be­wind is, is die uitdaging vir die op­po­sisie om hulself as drukgroepe te laat geld sodat al kan hulle nie onsin­nige beleid stemgewys afweer nie, hulle tog tot verandering kan bydra – deur la­waai, deelname of optrede, ook in die hof.

Met Nkandla, Jacob Zuma, korrupsie en op provinsiale en plaaslike vlak is welslae behaal. Die mosie van wantroue waarin Olly Mlamleli in ’n geheime stemming as burgemeester van Mangaung verwerp is, nogal met ANC-steun, wou ’n vergesig laat verrys oor wat eenheidsregering, oor politieke grense heen, kon vermag. Toe dwing die ANC met sy magstem haar terug.

As bewindsparty oorheers ANC-besluite ook die tyd van Covid-19 en inperking. Van die opposisie kom die verwagte kritiek en hofaansoeke.

As die sterftesyfer die hoogte sou inskiet, loop die regering deur. Hou inperking te lank aan, kry hy pak.

En die ANC-magstryd is vir die hele land van belang omdat dit die besluite van die party (ook oor Covid-19) en wie dit neem én hoe dit geneem word, raak.

Die kollaterale opposisie-rol bly tog relevant. Met elke party wat as ’n “sake-eenheid” funksioneer en sy aanbod bepaal afhangende van vraag, sodat dit “wins” (stemme) kan lewer. Die volgende groot uitverkoping is 2021 se landwye munisipale verkiesing.

Dié politieke kringloop is opwindend, maar nie altyd nie.

Soos in ’n sakemodel, is strategiese herposionering en fokus politieke partye se deel. Kiesers moet opgewonde wees om vir die party te stem sodat hy ampsdraers kan verkies wat die stand van die land verbeter en die wins weer as kapitaal in die volgende verkiesing benut kan word.

Dié politieke kringloop is opwindend, maar nie altyd nie.

Einde Oktober is die DA in die kollig met sy leiersverkiesing. En ’n leier kan ook ’n politieke party maak of breek.

In die saal is John Steenhuisen, tussentydse leier, met John Moodley, Gautengse DA-leier, en Mbali Ntuli, Kwazulu-Natalse DA-wetgewerlid en federale DA-jeugleier, as mededingers. Wat gaan kom van die TV-debat waartoe Ntuli Steenhuisen uitgedaag het, bly te siene. Ná sy verlies by die nasionale stembus in 2019 en die uittog van Mmusi Maimane, John Trollip en Herman Mashaba, is die DA in ’n oorgangsfase. Die vraag is waarheen.

As ’n belangeparty weet die VF Plus wat hy vir wie wil wees en selekteer sake, soos blootstelling vir Transnet se pensioenarisse-stryd, om punte uit aan te teken. Die uitgesponne DA vee breed, maar kan nie alles vir almal wees nie. Vir ekonomiese kwessies, hofsake en die stryd teen, sê maar, korrupsie, swak diens en grondgrype is hy gerat.

Ras (veral ná die Sannieshof-debakel wat hom gekos het) en SEB, ook intern, bly netelig. In die agterkop sal die wete wees dat die versnelde opgang, al was dit ontken, van Maimane en destyds van Lindiwe Mazibuko geboemerang het. ’n Klemskuif in sy poging om ver-looptes te herwin en nuwes by te kry was sy aanslag op rasgegronde SEB-kriteria vir die Covid-19-verligtings-fonds en ooglopende toetrede tot die Universiteit Stellenbosch-stryd, met Afrikaans as die geskilpunt.

Nog ’n vraag is watter rol die Helen Zille-faktor voortaan gaan speel. Of nie.

Meer oor:  Gert Coetzee  |  Da  |  Regering  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.