Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
DA tussen duiwel en die diepsee
Prof. Amanda Gouws, dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch.Foto: Argief

Daar gaan ’n hele klomp onbekende faktore in volgende jaar se verkiesing wees.

Wat gaan beteken dat alle politieke partye versigtig te werk sal moet gaan om hul steun te behou of te verbeter. Kortom, die partypolitieke landskap gaan sodanig verander dat geen party seker van die uitslag kan wees nie.

Dit is in die lig van hierdie vooruitskouing dat ’n mens kan wonder oor hoekom die DA besig is om homself in die voet te skiet.

Kiesers kyk na die spektakel rondom Patricia de Lille en wonder hoe dit moontlik is dat die DA nou soos die ANC aan die einde van die Zuma-era lyk. Daar is binnegevegte, rugstekery en eindelose prosedurele skuiwe om van De Lille ontslae te raak. Dit alles terwyl die kiesers steeds nie weet presies wat De Lille gedoen het om die behandeling te verdien nie.

Intussen is daar gerugte dat die party gaan skeur en dat ’n “ware liberale party” gestig gaan word.

En luidens berigte sê die DA-leier, Mmusi Maimane, nou dat dit ’n fout was om Helen Zille ná 2015 in ’n besluitnemingsposisie te behou.

Die DA, wat soveel steun gewen het in die vorige munisipale verkiesing dat hy al die belangrike metro’s verower het, lyk na iets van die verlede.

Die uitslae van onlangse tussenverkiesings op Oudtshoorn en Saldanha toon ’n beduidende afname in steun vir die DA – onderskeidelik 9% en 17%.

Die uitslae van onlangse tussenverkiesings op Oudtshoorn en Saldanha toon ’n beduidende afname in steun vir die DA – onderskeidelik 9% en 17%.

Die DA is die een party wat waarlik nierassig is wat betref sy lidmaatskap en beleide, en het die vermoë om die plafon op die steun van swart kiesers te skuif.

Dit is egter duidelik dat die interpretasie van wat “liberaal” beteken, deel is van die stryd om die siel van die DA. Vir die DA beteken liberalisme individuele vryhede, ’n vryemarkstelsel en ’n beperkte rol vir die staat.

Om hierdie rede is die DA ook die party wat die grootste beskermer van ons liberaal-demokratiese Grondwet is. Aan die kern van hierdie liberalisme is die idee dat mense rasioneel sal optree.

In die konteks van die Suid-Afrikaanse politiek waar regstellende aksie noodsaaklik is om die verlede te probeer regstel en waar partye nou populisme aanhang wat totaal irrasioneel kan wees, is die beweegruimte vir liberalisme uiters beperk.

Swart kiesers van die DA verwag ook dat dit ’n beleid oor grond sal hê wat nie noodwendig slegs op die mark sal staatmaak nie.

Swart kiesers van die DA verwag ook dat dit ’n beleid oor grond sal hê wat nie noodwendig slegs op die mark sal staatmaak nie. Die mark kan nie noodwendig altyd geregtigheid verseker nie.

Dít maak Maimane se taak moeiliker omdat liberalisme rasgedrewe identiteitspolitiek teenstaan.

Ware liberalisme het nog altyd relatief min ondersteuning in Suid-Afrika geniet, maar het wel ’n baie belangrike rol gespeel om die beginsels van gelykheid, vryheid en selfregulering in stand te hou.

Suid-Afrika het die bevordering van hierdie waardes nodig om die Grondwet te beskerm, omdat hierdie waardes daarin verskans is.

Die DA gaan swart steun aan die ANC verloor omdat pres. Cyril Rama­phosa die ANC weer ’n aantreklike opsie by die stembus maak.

Dit gaan bruin steun verloor as Patricia de Lille loop, en daar is baie wit kiesers wat die onbekwame hantering van die waterkwessie in die Wes-Kaap, asook die onsmaaklikheid rondom De Lille as redes aanvoer om nie weer vir die DA te stem nie.

Die DA moet boonop liberale waardes aan die lewe hou in ’n ruimte waar dit voor die aanslag van die ANC se nasionalisme en die EFF se populisme te staan kom. Dit sal die party baat om daaraan te dink hoe die binnegevegte sy kiesers vervreem.

  • Gouws is professor in politieke wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch.
Meer oor:  Amanda Gouws  |  Kiesers  |  Duiwel  |  Grondbesit  |  Verkiesing  |  Menings  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.