Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
DA verloor Gauteng reeds met Lesufi

Daar stamp Lood toe skoon sy koffie om. En gaan soek liewer ’n glas, gooi ’n bietjie ys in en een vingertjie hardehout. Loop terug rekenaar toe, sit die glas neer en draai weer om om die bottel ook te gaan haal. Maar neem nog geen slukkie nie, want dit kan immers fopnuus wees. Maar helaas dis waar, die DA in Gauteng het Panyaza Lesufi (foto), LUR vir onderwys in die provinsie, met ’n allemintige punt van 7,5 uit 10 aangewys as die beste presteerder in die provinsiale kabinet. Die res kry 5 of minder. Volgens Solly Msimanga, die DA se aspirantpremier van Gauteng, het Lesufi kwansuis ’n “duidelike visie van waarheen sy departement gerig is” en speel hy glo ’n “groot rol om onderwys te moderniseer”. Sulke snert. Hiermee verjaag Msimanga meer stemme as wat hy kan tel.

Dié flater gaan Solly jaag

Solly Msimanga se omarming van Panyaza Lesufi as ’n presteerder in die provinsiale kabinet gaan hom jaag. Vanuit die hoogste DA-raadsale word in gedempte gesprekke die vrees uitgespreek dat die VF Plus en Cope dalk Afrikaanse stemme in die noorde van die party kan wegrokkel. Om die lof te besing van die grootste polariseerder van verhoudinge in onderwys, die groot verloorder van Overvaal self, is die dood in die pot.

Persone van die Week

RAAKVATTER: Adv. Shamila Batohi, nuwe nasionale openbare vervolger, vir haar waarskuwing met die intrapslag aan “elemente” wat die gereg dwarsboom, ook binne die vervolgingsgesag. Sterkte aan haar.

NAT VADOEK: Solly Msimanga, DA-premierskandidaat in Gauteng. Luidens antwoorde in die parlement op DA-vrae, bly Gauteng in gebreke om genoeg skole te bou. Maar Solly reken Lesufi is die man wat kan.

Kernkrag vir Orania?

’n Stofwolk staan soos allerlei besoekers doer by Orania draai. Onlangs was dit die Noord-Kaapse ANC en nou is dit sowaar die Russe. Hulle is van die provinsie Stavropo en beywer hulle vir “die hervestiging van Afrikaners in Rusland”. Die groep het Johan du Toit, “Suid-Afrikaanse emigrant na Rusland, ook bekend as Iwan Wakhrusjef”, ingesluit. Maar noudat Cyril-hulle die Russiese kernprogram uitgekeer het, wonder Lood of die Russe dit nie aan Orania wil verkwansel nie.

Die jaar staan einde toe en Lood se laaste rubriek vir 2018 verskyn komende Donderdag. Dankie vir al die lesersbydraes vanjaar. En die nuwe geskenk word in 2019 onthul.

Meer oor:  Lood Se Praatjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.