Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Dalk is ek ’n dinosouriër, maar ai tog ...
Hennie van Coller

Jare gelede is ek en my vrou in ’n spanningsvolle tyd uitgenooi vir ’n aandete. Daarom dalk het ons besonder uitgesien na ’n ontspanne aand met goeie kos, wyn én lekker geselskap. ’n Keurwyn is uitgesoek en saamgeneem. Dié is met dank aanvaar en êrens neergelê.

Ons drank vir die aand was lietsjiesap.

Van my wyn is daar nie gedrink nie. Ons gasheer en -vrou was besig met ’n “detoks” uit simpatie met slagoffers in Chili en alkohol en koffie was taboe.Op pad terug huis toe kon ek sweer dat ek lighoofdig en ligweg gekoring was van dié voggies.

Baie jare later word ek in Antwerpen uitgenooi vir ’n dinee waarna ek net soveel uitgesien het; nou veral vanweë die waardeloosheid van die rand. Want almal weet dat die Belge smulpape is en hul onthale iets besonders.

Groot was my ontnugtering toe ek die pastei met broskors hap en uitvind die vulsel is van blomkool.

Nadere ondersoek bring toe aan die lig dat daar geen enkele krieseltjie vleis te bespeur was nie: net besonder smaaklose groente in diverse vorms.

Dalk vanweë die aandrang van veganiste was daar ook geen kaas nie.

Groot was my ontnugtering toe ek die pastei met broskors hap en uitvind die vulsel is van blomkool.

Die trappistebier (want vreemd genoeg was daar alkohol in oorvloed) het bitter geraak in my keel en ek het onverwyld die bus “gepak” en verkas na my eie beskeie kamertjie.

Daar het ek my byna vergryp aan brood met dik kaas, pâté én ham.

Ek het nou die ouderdom bereik waar ek glad nie meer ’n blad voor die mond neem nie. Ek raak toenemend dik vir die tirannie van die politiek korrektes.

As ek ’n Afrikaanse drama gaan kyk, sal dit tien teen een handel oor bloedskande in ’n skynbaar ordentlike Afrikaner-gesin, óf oor verkragting, aanranding en fopdossery deur die Afrikaner-patriarg in ’n ewe deursnee Afrikaner-gesin; gewoonlik gesitueer in die “apartheidstryd”. (Die tyd toe ek grootgeraak het: vol politieke sondes en vergrype gewis; maar met ’n meerderheid mense wat ordentlik en gewoon gelewe het.)

Afrikaanse televisiereekse is kwalik beter, maar dan handel dit gewoonlik óók oor verhoudings tussen verskillende rasse óf geslagte.

Geen enkele karakter op die verhoog is “normaal” nie (deesdae ’n verbode woord) en praat ook nie “normaal” nie (want elke tweede word is Engels of ’n vloekwoord).

Afrikaanse televisiereekse is kwalik beter, maar dan handel dit gewoonlik óók oor verhoudings tussen verskillende rasse óf geslagte. En moenie glo dis net die jeug nie: ouma op haar laaste bene het ook in haar jeug “geëksperimenteer” en het skynbaar die Kama Sutra én Fear of Flying op haar duimpie geken.

Skakel ek oor na DStv word die VSA se rasseprobleme in my keel gedruk.

Dalk is ek ’n dinosouriër, maar ek glo die meerderheid Afrikaners is net so regskape as enige groep in ons land.

Nou lees ek maar weer Trompie en Die swart luiperd en kyk na Die meisie van Avignon.

Meer oor:  Hennie Van Coller  |  Onthaal  |  Teleurstelling  |  Partytjie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.