Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Goeiemôre
Dalk te laat vir trane, maar nie vir drome nie!
Johan van Wyk

As jy nie meer droom nie moet jy jou pols voel om seker te maak jy is nie dood nie.

Om doodseker te maak dat ek droom, luister ek slapenstyd ook na Chet Atkins se treffer van 1954, Mr Sandman (Klaasvakie): “Mr Sandman bring me a dream, turn on you magic beam”.

Die probleem is dat drome selde bewaarheid word. Maar dit beteken nie dat jy moet ophou droom nie. In die hoop dat van jou drome tog bewaarheid sal word moet jy juis aanhou droom.

Dis wat ek doen om in Suid-Afrika by my sinne te bly.

Byvoorbeeld: Terwyl moord, doodslag en sotterny botvier, het ek gedroom my vrou stap my in ’n wit bikini uit die skuimende branders van ’n tropiese strand tegemoet, soos Ursula Andress 50 jaar gelede in die ou James Bond-fliek Dr. No.

Toe ek haar aan die ontbyttafel daarvan vertel, het sy gesê: “Droom voort,” maar bygevoeg: “As jy klaar jou pap geëet en die skottelgoed gewas het, moet jy uitvind hoe hoog ons nou op die ouetehuis se opnamelys is, en dan moet jy brood en melk gaan koop.”

Omdat ek van ’n ouetehuis wegskram soos vir ’n geelslang en van plan is om in my eie huis die emmer te skop het ek teëgekap: “Maar Sarie (die vrouetydskrif) sê dan ouderdom is net ’n nommer?”

Omdat iets wat te goed is om waar te wees, natuurlik te goed is om waar te kan wees, het ek in diepe teleurstelling uit my wonderlike droom ontwaak.

“Nommer, nommer?” wou sy weet. “Het jy al weer ons buy aid-nommer vergeet? Jy gaan nog een môre soos ’n verstrooide ou doktor DF Malan toe hy redakteur van Die Burger was in net jou onderbroek hier in die straat af stryk!”

Dit het my nie daarvan weerhou om aan te hou droom nie. Die Kataloniërs van Barcelona se vurige aandrang op onafhanklikheid van Spanje op TV (“Waaroor ons gedink het in die dag, kom terug as drome in die nag” – Menander se Fragmente) en ook die Skotte se begeerte om, soos die Afrikaners destyds, van die Britse juk bevry te word, het my laat droom van ’n Afrikanervolk wat die verlore vryheid om homself te regeer, terugkry.

Tot my vreugde in die Groot Karoo. Wonderlik! Ek trek môre!

Omdat iets wat te goed is om waar te wees, natuurlik te goed is om waar te kan wees, het ek in diepe teleurstelling uit my wonderlike droom ontwaak. En toe, asof die ontnugtering nie genoeg is nie, die doodskoot: Die koerant met prof. Flip Smit se statistieke dat net 1% van Suid-Afrika se bevolking teen 2050 wit Afrikaners sal wees. Dit het my laat wakkerlê totdat die rooidag met hanekraai gebreek het.

Die tragedie is dat ons getalle dramaties meer sou gewees het as die domastrante ou Dopper, Paul Kruger, ons nie in ’n vernietigende huiloorlog met England, wat nooit gewen sou kon word, gedompel en 33 000 wit Afrikanervroue en kinders nie in die konsentrasiekampe gesterf het nie.

Te laat vir trane, maar nie vir drome nie.

Meer oor:  Johan Van Wyk  |  Leef  |  Rubriek  |  Mening  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.