SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Menings
Dankie EFF, maak meer vuur onder ons
Charles Smith

Die EFF se aanval op die Springbokke in die parlement en Afrikaner-monumente in die Vrystaat behoort almal se bloed te laat kook. Maar eintlik moet ons dié ouens dankbaar wees: Hulle sit ons helde weer in die openbare kollig.

Dr. Mbuyiseni Ndlozi van die EFF hoef net na die skoolseun Daniel Lebogang Mogoma (14) van die Helpmekaar-Kollege in Johannesburg se gesig te gekyk het toe Siya Kolisi sy stewels ge-teken het om te weet sy stelling, dat die Springbok-embleem “ ’n teken van wit heerskappy” is, is suiwer strooi.

Terwyl ons wag vir die EFF se verklaring oor hoekom die party se aandeel in die diefstal van soveel as R800 miljoen in die VBS-skandaal nie gesien word as “die plundering van swartes se geld” nie, kan ons wel iets by die klomp politieke tsotsi’s leer.

Hulle weet hoe om ’n rooi doek in ’n bul se gesig te vryf, maar of die Afrikaner-bul nog skop in hom het, moet ons sien.

Ek wil weet hoe-veel mense in Bloemfontein, veral Afrikaners, sal opruk as die EFF genl. Christiaan Rudolf de Wet se standbeeld voor die Vierde Raadsaal wil afbreek. Seker net ’n paar, want ons kinders weet nie eens meer wie dit was nie. ’

Ons wil sien hoe ons uitstekende akteurs ons eie groot stories vertel en vertolk.

'n Paar kultuurorganisasies het wel die Universiteit van die Vrystaat (UV) se planne om die M.T. Steyn-beeld van die kampus te skuif, gebriek. Dit is nie net by die voetvolk waar die plig lê om ons geskiedenis te beskerm en lewend te hou nie. Groot maatskappye soos Naspers, Rembrandt, Steyn City (ek hoop iemand sien die ironie in sy naam), Sanlam, Santam, Auto & General, Investec en andere kan ook hul geld terugploeg.

Ek het by die FAK se prestigetoekennings vir Frank Opperman gesê twee dekades gelede het ons Franse kunsflieks soos Jean de Florette gaan kyk. Vandag is die beste flieks meestal Afrikaans, soos Die Seemeeu, Dominee Tienie, Die verhaal van Racheltjie de Beer en Kringe in ’n bos. Ons wil sien hoe ons uitstekende akteurs ons eie groot stories vertel en vertolk.

As dit die EFF verg om die vonk onder ons aan te steek, dan is dit ’n goeie ding.

Ek is al lank besig om aan ’n fliek oor genl. De Wet te werk. Al is dit bloot ’n konsep en ’n gesprek met verskeie mense hieroor, is dit iets wat eenvoudig moet gebeur. Een Boeregeneraal met meer deursettingsvermoë, vasbyt en gatskop as die hele SANW gee die Britse leër jare lank al hul hel.

Sy storie het al die elemente vir ’n klassieke, epiese oorlogsverhaal in die trant van The Patriot of Braveheart. Om so ’n storie te vertel met duisende perde, kanonne, Britse magte en net die beste akteurs, is miljoene rand nodig. Watter Afrikaner-sakeman gaan ’n kasteel in Europa minder koop en help om ’n storie te vertel wat oor die wêreld gekyk gaan word? In Afrikaans.

Dit is hoe groot Afrikaners moet begin dink. As dit die EFF verg om die vonk onder ons aan te steek, dan is dit ’n goeie ding.

Dankie, Julius. Maak meer vuur onder ons!

Meer oor:  Charles Smith  |  Eff  |  Vuur  |  Rolprente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.