Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Deernis vir alle vaders, veral vir Nommer Een

As ek dominee se preek oor die sterrekykers gister reg gezoem het, was dit dié naweek die kortste dag van die jaar sowel as Vadersdag.

Dit beteken seker dat dit ook die kortste Vadersdag hierdie jaar was, soos vaderskap wat deur die jare soos ’n vlietende gedagte by baie van ons verbygevliet het.

Blouwillem

Het ek dan nie net nou die dag nog daai perd met die dik stem en die Jo Black-baard in ’n prêm rondgestoot nie? Ag, my moeder, en nou’s hy self ’n vader! Maar nou ja, pappie, tyd wag vir niemand nie.

Vir julle bere wie se gesin gister in hul maai in vergeet het van Vadersdag, vir julle geskenke met jul eie kredietkaart gekoop het of julle persoonlik self laat braai het omdat die restaurante kwansuis nog agter slot en grendel is, wil ek graag die volgende opregte goeie wense en waardering namens jul gesin oordra.

Dankie, my ou maat, dat jy die laaste tyd onbaatsugtige ure in die ysreën op die jagveld by plekke soos Jagersfontein en Hertzogville deurgebring het om grendelbiltong huis toe te kon bring (terwyl jou gesinnetjie lekker knus voor die kaggel en TV rondgelê het), dat jy dalk ook nog, sonder om te kla, ure by die viswaters deurgebring het om ’n vissie vir die gesin op die tafel te kon sit en dat jy die afgelope week vier rondes gholf gespeel het eerder as om jou gesin se geld by ’n haarkapper te mors.

Dit lyk vir my al asof onse regering nou die hondjies ’n bietjie gaan loslaat. Of dit die regte ding is, sal net die tyd leer.

Soos Dik Daan waarsku: “Manne, netnou is ons soos ’n ou wat aantree vir die Comrades en dan besef hy het so pas drie keer ná mekaar die Twee Oseane gehardloop. Moeg geploeg voor die grote eers begin. En nou gaan die restaurante weer oopmaak op die presiese oomblik wat ons veronderstel is om met ons post-fase-drie-tot-vyf-dieet te begin.

“Ek was juis so vies toe ’n ou onlangs vir my sê ek moet my nie daaraan steur as iemand vir my sê ek het nog dikker geword nie, want ek is mos groter as dit.”

Ek was juis so vies toe ’n ou onlangs vir my sê ek moet my nie daaraan steur as iemand vir my sê ek het nog dikker geword nie, want ek is mos groter as dit.

Neef Bartel sê hy dink ons ou landjie gaan uiteindelik nou op koers kom, met die spul rakkers van Volslae Boefagtige Stelery (VBS) uiteindelik daar in die beskuldigdebank.

“Nou wel nog nie met die regte kleur oorpakke aan nie, maar die kroekta-wiele begin darem rol,” sê hy.

“En vir hulle om kwansuis armoede te pleit toe die ou borggeldjies ter sprake kom, klink vir my soos die ou wat sy ouers vermoor en dan ter strafversagting pleit dat hy ’n weeskind is.”

Ai, vriende, en dink asseblief in deernis aan ons voormalige Nommer Een.

Sou hy op Vadersdag steeds by Nskandalig ingegrendel gewees het met al sy tannies en telgies?

Ten minste kan die VBS darem nie meer sy rondawel kom terugvat nie.

Meer oor:  Blouwillem  |  Vadersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.