Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Departement van Siektes kán Die Virus smoor
Blouwillem
Blouwillem

Dis moeilik om te besluit of die gevaarlikste ding op aarde tans Die Virus is of die paranoia wat rondom die siekte geskep word.

Neef Bartel sê sy buurman was dié week in die bank toe daar skielik twee ouens met gesigmaskers inkom. Buurman sê hulle almal was so verlig toe hulle agterkom die ouens is gesond en darem gelukkig net daar om die bank te beroof.

Ja-nee, my ou maat, dis nou die tyd dat jy met jou gewone ou herfsverkouetjie of jou sinusontstekinkie wat nooit opklaar nie, maklik sonder vriende kan bly sit.

Kug jy net in die kerk, skuif almal vier meter weg van jou en luister nie weer ’n woord wat dominee sê nie.

Ten minste hoef oom Zumpie nie weer met ’n siekbrief by die hof aan te kom nie. Hy moet maar net ’n paar hoese en snuite gee, dan word sy saak vir nog ’n verdere ses maande uitgestel.

En ja, wanneer ons weer ’n lekker, sagte ou drukkie kan verwag, weet niemand nie.

Net getroude pare kan dus voortgaan soos altyd.

Die Departement van Siektes beveel mos aan dat alle burgers drukkies, soene en signs of affection moet vermy.

Net getroude pare kan dus voortgaan soos altyd.

Jy moet mos nou mekaar met die vuis groet soos twee wafferse boksers.

Selfs sportlui gaan mekaar nou ná wedstryde met die vuis groet en nie meer met die oop hand nie. Het hulle enige idee hoeveel rooikaarte daar gaan wees met so ’n vuisgroetery!?

Dik Daan sê wat hy nie kan kleinkry nie, is dat die spul sweterige ouens vir 80 minute wangetjie aan wangetjie in die skrums sak en mekaar dan ná die tyd met ’n vuis groet.

“Hoe gaan dit, tjomma?”

“Nee man, vuisvoos, en met jou?”

Maak nie veel sin nie, nê?

Is hulle dan nie bekend daarvoor dat hulle alles wat hulle die laaste 26 jaar aangepak het, goed opgeneuk het nie?

Maar nou ja, neef Bartel sê hy het volle vertroue dat ons regering ’n vinnige einde aan Die Virus sal kan maak.

Is hulle dan nie bekend daarvoor dat hulle alles wat hulle die laaste 26 jaar aangepak het, goed opgeneuk het nie?

Dik Daan het dié week die volgende stukkie nuttelose inligting ge-watseaap: As ’n gewone swerfling so R25 000 per maand verdien, sal hy vier uur moet werk as hy elke werksdag van die maand ’n cappuccino met ’n skuimpie wil geniet; twaalf en ’n half uur vir sy selfoon werk; sewe uur vir ’n paar blou jannas aan sy bas; 210 dae vir ’n gemiddelde ou motortjie en ses jaar vir ’n gemiddelde ou huisie.

Die les, my ou maat, is jy moet maar net jou kop laat sak en harder werk as jy met blou jannas aan jou bas wil sit en cappuccino’s drink, terwyl ons ander Eksdom met ons karige pensioengeldjies uit die skuld moet help.

Beste virus-watseaap van die week: ’n Foto van Jan van Riebeeck met ’n chirurgiese masker op.

Agter die masker brom oom Jan: “Nou is hierdie seker ook mý skuld!”

Meer oor:  Koronavirus  |  Virus  |  Masker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.